Soort-van-paella
Foto’s: Donna Lewis Galery
As jy van seekos hou, is dié een vir jou, en die resepmaak genoeg om sommer iemand vir ete te nooi.
(2 – 3 PORSIES)
30 MINUTE
- 30 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 100 g chorizowors
- 2 hoenderborsies, in blokkies gesny
- 100 g steurgarnale, skoongemaak (kyk by jou supermark vir die soort wat klaar skoon is)
- 1 koppie (250 ml) basmati-rys
- 500 ml hoenderaftreksel
- 200 g bevrore ertjies
- sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olyfolie in mediumgroot pot. Voeg uie, knoffel en wors by. Braai vir 5 – 8 minute of tot begin verbruin. Voeg hoenderborsies by en braai nog 5 minute. Voeg garnale en rys by en braai vir 2 minute. Gooi aftreksel oor en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 15 – 20 minute of tot die rys gaar is. Roer ertjies by en bring weer tot kookpunt. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.
Wenk: Jy kan swartmossels bysit as jy daarvan hou.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Barbara se seekospaella-pot
SARIE - November 2005
Dis ’n kombinasie van ’n seekospot en paella. Jy maak sommer alles in jou kombuis, want dis waar daar gekuier word. Neil se mean slaai kompleteer hierdie gereg uitstekend.
-
Moules Mariniere (Mossels met witwyn en room)
SARIE KOS Augustus / September 2011
Die smaak van die chardonnay gemeng met die room rond hierdie eenvoudige gereg goed af.
-
Paella met varkworsies en spek
SARIE KOS - Somer 2007
Gaar en op die tafel binne 30 minute!
-
Paella op die kole
SARIE KOS Junie/Julie 2011
In Spanje word paella die meeste van die tyd op ’n vuur gemaak. Die kole is altyd ook sommer lekker warm.
-
Seekos-paella
SARIE - Februarie 2010
Die lekkerste van die see, vasgevang in een gereg.
-
Seekos-paella
SARIE KOS Herfs 2010
















Kommentaar
Elsabe van der Ryst het gesê:
Wat is "chirozo" worsies? Waarmee kan mens dit vervang as ek dit nie het nie?
9de Okt. 2011, 12:14