Sousboontjies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Bone bly een van my gunstelinge! Die lekkerte van sousboontjies is dat jy dit kan bottel en enige tyd geniet
(sowat drie 250 ml-flesse)
- 250 g droë suikerboontjies
- 50 ml suiker
- 100 ml asyn
- 10 ml sout
- 3 ml fyn swartpeper
- 50 ml botter
Was die boontjies en week hulle oornag. Dreineer en plaas in ’n kastrol. Bedek met water en kook tot sag. Voeg die ander bestanddele by sodra die boontjies sag is en byna droog gekook het. Die gereg moet souserig wees. Vul gesteriliseerde flesse met jou sousboontjies.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Cannellini-bone-en-tuna-slaai
SARIE KOS Augustus / September 2011
Jy kan ook die tuna uitlos.
-
Cowboy-boontjies
SARIE KOS vir mans 2010
Hierdie gereg is regtig vullend. Niemand sal honger gaan slaap nie!
















Kry jou SARIE oral, enige tyd