Spaanse hoendergereg

Deur Barbara Joubert, SARIE - September 2007

Spaanse hoendergereg Foto’s: Micky Hoyle Galery

Dis my manier van kook - alles in een bak en dan in die oond

(4 - 6 porsies)

  • 1 gaar hoender
  • 5 ml paprika
  • 10 ml olyfolie
  • 2 rooi uie, in skywe gesny
  • 2 chorizo-worse in dik skywe gesny
  • 2 rooi soetrissies in repe gesny
  • 350 g heel groenbone
  • 2 blikke heel tamaties
  • 200 g ontpitte olywe
  • 4 knoffelhuisies
  • 250 ml rooiwyn
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Meng die paprika en olyfolie in ’n bakkie. Sny die hoender in 6 porsies. Verf die porsies met die paprikamengsel. Pak nou al die bestanddele in ’n groot oondbak en gooi die rooiwyn oor. Maak toe met tinfoelie en plaas die bak in ’n warm oond teen 200 °C vir ongeveer 1 uur.


Sit voor saam met

Brood van jou keuse, maar ek stel vars Franse brood voor.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • 5 Boekminute met Carol Drinkwater

    5 Boekminute met Carol Drinkwater

    SARIE - Oktober 2009

    Is dit moontlik om ‘n liefdesverhouding met olyfbome te hê? Skrywer en aktrise Carol Drinkwater het dit beslis!