Spaghetti carbonara
Foto’s: Donna Lewis Galery
20 minute
(1 porsie)
- 250g spaghetti
- 30ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, gekap
- 250g spek, grofgekap
- 100g (250ml) bevrore ertjies
- 30ml pietersielie, gekap
- 2 eiergele
- 125ml vars room
- 50ml parmesaan-kaas, gerasper
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Kook spaghetti volgens aanwysing op die pak. Verhit intussen olyfolie in 'n pan en braai ui, knoffel en spek tot goudbruin. Voeg ertjies en pietersielie by. Braai vir 2 minute. Meng eiergele met room. Dreineer pasta en voeg eiermengsel by terwyl die pasta nog warm is. Meng goed. Voeg spekmengsel en parmesaan by en meng deur. Geur goed met sout en swartpeper. Sit dadelik voor. Die hitte van die pasta maak die eiergele gaar en sorg vir 'n lekker romerige tekstuur.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Lamsboud-pasta
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Rooster jou lamsboud oornag tot sag en gebruik dit om ’n geurige vleissous te maak.
-
Pasta met murgpampoentjies
SARIE KOS - Lente 2008
-
Pasta with sunshine sauce
SARIE KOS Winter 2009
-
Pastaslaai
SARIE KOS - Somer 2007
'n Bakkie pasta is lekker vullend, veral as jou kind ná skool by nasorg of sport is
-
Steurgarnale, koningklip & pasta in papier gebak
SARIE - Februarie 2008
Jy kan dié gereg vooraf maak, en net voor jy dit in die oond sit, maak toe in die papierpakkies
-
Swartolyf-en-parmesaanspaghetti
SARIE KOS April/Mei 2011
Hierdie gereg is heerlik vir daardie laaste warm dae van die seisoen.
-
Tortiglioni-pasta met warm tamatie-en-spek-sous
SARIE - Februarie 2009
Werklik baie maklik. Terwyl dit kook, kan jy lekker saam met jou vriende kuier.
















Kommentaar