Spinasie-en-fetakaas-pasteie

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Herfs 2009

Spinasie-en-fetakaas-pasteie Foto’s: Micky Hoyle Galery

Dis ’n heerlike middagete

(6 pasteie)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 600 g vars spinasie
  • 400 g fetakaas, gekrummel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 eier
  • 2 velle blaardeeg (400 g elk)
  • 1 eier, geklits

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olyfolie in ’n pan en voeg ui en knoffel by. Braai tot sag en deurskynend. Voeg spinasie by en braai tot sag. Kap spinasie fyn in voedselverwerker. Laat afkoel en voeg fetakaas by. Geur met sout en swartpeper. Voeg eier by en meng goed. Sny groot sirkels uit die deeg en skep van die afgekoelde vulsel aan die een kant van elke sirkel. Vou die deeg toe in halfmane en draai die punte toe. Smeer met geklitste eier en bak vir 30 – 35 minute tot bros en gaar.

Om te drink
Onthou, as die fetakaas wat jy gebruik baie sout bevat, sal dit die wyn soeter laat smaak. ’n Vrugtige chenin blanc sal lekker wees.           

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Rugby-ontbyt! Ontbytpasteie in 'n bord

    Rugby-ontbyt! Ontbytpasteie in 'n bord

    SARIE KOS Augustus / September 2011

    Die lekker van hierdie gereg is dat jy vir elke ou sy eie pastei in ’n bord bak. Jy kan die pasteie al die vorige aand aanmekaarsit en die oggend net voor die wedstryd in die oond sit.

  • Spinasie-gevulde varklies

    Spinasie-gevulde varklies

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Dis beslis 'n Kersmaal.As jou varklies minder as 3 kg weeg, rooster die vleis 30 minute lank vir elke 500 g plus nog 25 minute.

  • Spinasie-tertjies

    Spinasie-tertjies

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Lekker vir middagete. 6 porsies

  • Spinasiepastei met fillo-deeg

    Spinasiepastei met fillo-deeg

    SARIE KOS April/Mei 2011