Spiraalkoekies
Foto’s: Donna Lewis Galery
Die beste van twee koekies vasgevang in een!
(16 - 20 koekies)
- 185 g botter
- 250 ml (210 g) strooisuiker
- 10 ml vanieljegeursel
- 1 heel eier
- 1 eiergeel
- 350 g (625 ml) koekmeel
- 45 ml kakaopoeier
Verhit oond tot 180 °C. Room botter, suiker en vanielje met 'n elektriese menger tot lig en romerig in 'n mediumgroot mengbak. Voeg eiers by en meng goed. Voeg meel by en meng tot 'n sagte koekiedeeg.Verdeel mengsel in twee gelyke dele en meng kakao by een helfte.Draai elke helfte toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir 25 minute. Strooi dun lagie meel op werkoppervlak. Rol koue deeg elkeen afsonderlik met 'n koekroller uit tot sowat 5 mm dik. Plaas kakao-vel op vanielje-vel en sny met 'n skerp mes in 'n netjiese reghoek van sowat 25 x 15 cm. Rol stewig op in 'n ronde wors. Draai toe in kleefplastiek en vries oornag. Sny in skywe met ’n skerp mes. Sit op ’n bakplaat wat met kleefwerende sproei gespuit is en bak vir 12 – 15
minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Bros koekies
SARIE Januarie 2010
-
Hawermout-en-parmesaan-koekies
SARIE KOS April/Mei 2011
Dit proe perfek saam met 'n glasie sjerrie of port ná ete.
-
Kersfees-glaskoekies
SARIE KOS Somer 2009/10
Hulle lyk vreeslik mooi as Kersboom-versierings.
-
Lelik-maar-lekker-koekies
SARIE KOS Herfs 2010
-
Muesli-stafies
SARIE KOS Somer 2010/11
Pak dit in werk toe of sommer in die kinders se kosblik. Jy kanook die rosyntjies vervang met gedroogde bosbessies.
-
Sjokolade-splinter-koekies
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 1
Maak die koekies net so groot soos jy wil - hoe groter, hoe lekkerder.
-
Soetkoekies
SARIE KOS Winter 2010
Dis die lekkerste koekie in die wêreld - en dis eg Suid-Afrikaans.
















Kommentaar