Springbok-kerrie-sosaties
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Al ooit daaraan gedink om jou springbokboud op te sny en sosaties te maak? Dis beslis die moeite werd.
(12 sosaties)
- sowat 1,2kg springbokvleis, in groot blokke gesny
- 400g gerookte spek, in blokke gesny
- 500g pekeluitjies (gehalveer as hulle taamlik groot is)
- 200g droë-appelkose
- 100ml sonneblomolie
- 2 groot uie, gehalveer en in skywe gesny
- 15ml matige kerriepoeier
- 1ml borrie
- 500ml bruinasy
- 30ml fyn appelkooskonfyt
- 2 lourierblare
- 10ml sout
- varsgemaalde swartpeper
Plaas vleisblokkies, spek, pekeluitjies en appelkose in 'n groot bak. Verhit olie in 'n pan en braai uieskywe tot sag en deurskynend. Voeg kerriepoeier en borrie by en braai vir sowat 1 minuut. Voeg asyn, konfyt, lourierblare, sout en swartpeper by. Laat die sous vir 10 minute oor lae hitte prut. Haal van hitte af en laat afkoel. Gooi oor vleis, uitjies en appelkose. Maak die bak toe met kleefplastiek en laat oornag in die yskas marineer. (Jy kan dit vir so 2 - 3 dae marineer, maar oornag is goed genoeg.) Jy kan metaal- of houtsosatiestokkies gebruik. As jy houtstokkies gebruik, laat hulle eers oornag in water lê. Dit keer dat hulle brand. Ryg nou jou sosaties: eers 'n stukkie springbok, dan spek, dan 'n appelkoos en dan 'n pekelui. Herhaal. Plaas die sosaties terug in die marinade totdat jy gereed is om hulle te braai. Wanneer jy jou sosaties oor lekker warm kole braai, smeer elke keer met die omdraaislag 'n bietjie van die
marinade oor.
Om te drink:
Beyerskloof Pinotage
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Kerrie-sosaties (3de plek)
SARIE KOS Lente 2009
Hierdie sosaties van Linda de Jager was die derdepryswenner in ons kerriesosatie-wedstryd.
-
Klein lamsosaties
SARIE KOS - Lente 2008
Jy hoef sosaties nie net oor kole te braai nie. Onder die rooster-element gaargemaak, of in ’n pan gebraai, is hulle ook lekker.
-
Lam-en-eiervrug-kebabs
SARIE - Januarie 2011
30 minute
-
Sosaties
SARIE KOS Lente 2009
These were the winning entry in our kerrie-sosaties competition, won by Gerrie du Toit from Vereeniging
















Kommentaar
Maryke het gesê:
Dit lyk vreeslik lekker. Ek het gisteraand sosaties gemaak met koedoe-boud wat ek in blokkies gesny het. Ek het die vleisblokkies eers gemarineer en toe met spek, uie, rooi en groen soetrissies opgeryg aan stokkies. Smullekker
3de Okt. 2010, 17:34