Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Druk 'n kerfvurk in skenkel. As jy dit optel en die skenkel gly vanself stadig af, is dit gaar.
(6 porsies)
- 6 lamskenkels, ontbeen (vra jou slagter)
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 15 g droë gemengde kruie
- 18 x 10 cm-lang kombuistou-stukke
- 90 ml koekmeel
- olyfolie
- lamsvleis-aftreksel (sien onder)
Geur vleis met sout en swartpeper. Sprinkel gemengde kruie oor. Rol skenkels in silindervorms en bind vas met kombuistou (3 stukke elk). Rol in meel. Verhit olyfolie in groot pan. Skroei skenkels tot bruin reg rondom. Plaas in groot kastrol en bedek met aftreksel. Smoor vir so 3 uur.
Lamsvleis-aftreksel
- 6 lamskenkel-bene
- 50 g uie, grofgekap
- 50 g wortels, grofgekap
- 50 g seldery, in groot skywe gesny
- 50 g preie, in groot skywe gesny
- 30 g tamatiepasta
- 20 ml droë roosmaryn
- 3 liter water
Verhit oond tot 180 °C. Plaas bene in oondroosterbak en rooster tot bruin. Verhit 'n groot kastrol. Braai uie, wortels, seldery en preie tot bruin. Voeg tamatiepasta en roosmaryn by en braai vir nog 2 minute. Voeg verbruinde bene en water by. Bring tot kookpunt, draai hitte af en laat prut vir 3 - 4 ure. Syg die aftreksel deur en gebruik soos nodig.
Verwante artikels
-
Geroosterde lamsribbetjies
SARIE KOS Lente 2009
-
Karoo-lamskerrie
SARIE KOS Winter 2009
Die kerrie waarmee ek grootgeword het! Lekker so reg uit die Karoo.
-
Lamsboud met mosterd
SARIE KOS Winter 2010
Ek is nie meer so mal oor 'n lamsboud wat nog pienk is nie. Die manier waarop my ouma die boud vir lank in die oond gehad het, is nou vir my die lekkerste.
-
Lamskenkel-pasteie
SARIE KOS April/Mei 2011
Om die skenkels in pasteie te omskep is veral lekker as jy gaste het. Maak vir elkeen sy eie pastei. So nie kan jy een groot pastei maak.
-
Lamskenkels met kwepers
SARIE KOS Winter 2010
Moenie skrik vir die metode van skenkels gaarmaak nie - jy begin al die vorige dag om te verseker die skenkels is lekker sag.
-
Lamsribstuk met pistasieneut-kors en baba-groente
SARIE - Desember 2009
Daar's niks so lekker soos 'n stukkie pienk lam, met die ekstra geur van neute, vir 'n feesmaal nie
-
Lamstjops met sagte bokmelkkaas
SARIE KOS Lente 2009
-
Oondgebakte lamskenkel-kerrie met kwepers
SARIE Augustus 2011
Die kwepers kook sag en deurskynend en blink soos juwele in die son!
-
Stofpad na menswees: Vrou praat ná die moord op haar man
SARIE - November 2010
Die ‘bofbal-en-kattebakmoord’ het destyds opslae gemaak. Die ma van ’n baba en ’n kleuter is lewenslank tronk toe gestuur weens haar aandeel in haar man se dood. Sy is intussen ná 12 jaar uit op parool...
-
Tamarinde-skenkels
Eenvoudig wow! Dis maklik om te maak, maar gaste sal dink jy was heeldag voor die kospotte
















Kommentaar