Ster-koekies

Deur Herman Lensing, SARIE - Desember 2010

Ster-koekies Foto’s: Ryno Galery

Kry die kinders om die tafel en laat almal saam bak. Sien onder 'n resep vir versiersel, wat koekies perfek vir die Kersboom maak.

(sowat 100 koekies)

  • 800 g botter
  • 400 g versiersuiker
  • 8 eiergele
  • 1 kg koekmeel
  • ekstra meel vir uitrol

Verhit oond tot 180 °C. Klits botter en versiersuiker tot lig en romerig. Voeg eiergele by en meng goed. Voeg meel by en meng tot deeg in een bal saamkom. Draai toe in kleefplastiek en laat rus in yskas vir sowat 25 minute. Rol uit tot sowat 3 mm dik op 'n meelbestrooide oppervlak. Sny ster-patrone uit met skerp koekiedrukkers. Gebruik nou 'n sosatiestokkie en maak 'n klein gaatjie bo-aan elke koekie om dit op te hang. Plaas op 'n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Bak vir 12 - 15 minute of tot goudbruin. Laat afkoel. Bind toutjies of lintjies aan elke koekie en hang aan die Kersboom.

Versiersel

  • 200 g versiersuiker
  • sap van 1 suurlemoen
  • water

Meng versiersuiker en sap.Voeg genoeg water by vir 'n dik loperige pasta. Versier koekies en laat hard word.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Bros koekies

    Bros koekies

    SARIE Januarie 2010

  • Gemmerkoekies

    Gemmerkoekies

    SARIE KOS Winter 2010

    Saam met 'n warm glas melk is gemmerkoekies net die ding.

  • Hawermout-en-parmesaan-koekies

    Hawermout-en-parmesaan-koekies

    SARIE KOS April/Mei 2011

    Dit proe perfek saam met 'n glasie sjerrie of port ná ete.

  • Kersfees-glaskoekies

    Kersfees-glaskoekies

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Hulle lyk vreeslik mooi as Kersboom-versierings.

  • Madeleines

    Madeleines

    SARIE KOS Okt/Nov 2011

  • Sjokolade-koekies

    Sjokolade-koekies

    SARIE KOS Winter 2009

    Die beste sjokolade-koekies! Saam met warmsjokolade sal dit jou in ’n oogwink van die koue laat vergeet

  • Soetkoekies

    Soetkoekies

    SARIE KOS Winter 2010

    Dis die lekkerste koekie in die wêreld - en dis eg Suid-Afrikaans.

Kommentaar