Steurgarnaal-en-papajaslaai
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(6 porsies)
- 1 pak gemengde slaaiblare, gewas
- olyfolie en balsemasyn na smaak
- 1 papaja, in klein blokkies gesny
- 3 groen appels, in skyfies gesny
- 1 komkommer, in lang skywe gesny
- 1 rooi soetrissie, in dun skyfies gesny
- 20 g kappertjiesaad
- 100 g macadamia-neute
- 50 g botter
- 15 ml knoffel, fyngekap
- 24 steurgarnale, met are verwyder
- 100 ml soet brandrissie-sous
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- sap van 2 suurlemoene
- 100 ml mayonnaise
- 10 - 15 ml wasabi-pasta
- sap van halwe suurlemoen
- 10 ml gekapte dille
- suurlemoen-wiggies en dille-takkies vir garnering
Plaas die slaaiblare in ’n groot mengbak. Sprinkel ’n klein bietjie olyfolie en balsemasyn oor. Verdeel die slaai op die opdienborde. Rangskik die papaja, appels, komkommer, soetrissie, kappertjiesaad en neute op die slaaiblare. Verhit ’n pan en gooi die botter en knoffel daarin. Braai die steurgarnale tot die doppe pienk word - jy weet dan dis gaar. Voeg die soet brandrissie-sous by en geur met sout en swartpeper. Laat afkoel. Rangskik die steurgarnale bo-op die slaai. Meng die mayonnaise, wasabipasta, suurlemoensap en dille. Sprinkel hierdie sous oor die slaai en garneer met suurlemoen-wiggies en vars dille-takkies.
- Plek Summerfields
- Produksie Barbara Joubert
Verwante artikels
-
Garnaal-kebabs met kekerertjie-puree
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Garnaal-slaaihorinkies
SARIE - Desember 2010
Die Engelse noem dit prawn cocktail, maar ons doen dit op ons manier.
-
Gróót steurgarnaalfees in Durban
SARIE - November 2009
-
Kreef-oor-die-kole met knoffel-en-kruiebotter
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Kersfees is 'n tyd vir uithang - doen dit by die see met kreef.
-
Papaja-en-hamslaai
SARIE KOS Somer 2010/11
As jy nie van papaja hou nie, kan jy dit vervang met spanspek.
-
Rose vir die siel . . . en op die tong
SARIE KOS - Lente 2008
Voed jou innerlike op 'n roosplaas in Mpumalanga
-
Steurgarnaal-pakkies
SARIE KOS Somer 2009/10
















Kry jou SARIE oral, enige tyd