Steurgarnaalkelkie
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Steurgarnale (prawns) in ’n halwe avokadopeer is ’n Avokado Ritz
(4 porsies)
- 500 g steurgarnale, uit die dop
- 4 heel steurgarnale in die dop
- 15 ml botter
- 60 ml mayonnaise
- 15 ml tamatiesous
- 10 ml Worcestersous
- sout en varsgemaalde swartpeper
- blaarslaai van jou keuse, om voor te sit
- suurlemoenwiggies, om voor te sit
Stoom die steurgarnale tot gaar (so 8 minute). Dreineer en laat afkoel. Smelt die botter en braai die heel steurgarnale tot gaar (so 10 minute). Die doppe word ’n mooi pienk, dan weet jy dis amper gaar. Meng die mayonnaise, tamatiesous en Worcestersous. Geur met sout en swartpeper. Voeg die afgekoelde, uitgedopte steurgarnale by en meng goed. Plaas van die blaarslaai in ’n mooi opdienglas en skep die steurgarnale bo-op. Rond af met ’n heel steurgarnaal en sit voor met vars suurlemoenwiggies.
Om te drink
Kies ‘n sauvignon blanc vir sy fris geure.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gróót steurgarnaalfees in Durban
SARIE - November 2009
-
Steurgarnaal-kebabs met sitroengras-en-rissie-botter
SARIE - Junie 2010
-
Steurgarnaal-pakkies
SARIE KOS Somer 2009/10
















Kry jou SARIE oral, enige tyd