Steurgarnale in fillodeeg
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dis heerlik saam met ’n soet brandrissiesous wat jy sommer in jou supermark kan koop
(4 porsies)
Bereiding 10 minute
Bak 20 minute
- 2 velle fillodeeg
- 16 steurgarnale
- 30 ml botter
- 140 g sneeu-ertjies (mangetout)
- soet brandrissiesous
Smelt die helfte van die botter en braai die steurgarnale (sowat 3 minute) totdat die dop mooi pienk is. Verwyder die dop, maar behou die stertgedeelte. Smelt die res van die botter. Lê ’n vel fillodeeg plat op jou werkoppervlak en smeer met gesmelte botter. Plaas nog ’n vel bo-op. Smeer die laag bo-op ook met gesmelte botter. Sny die fillodeeg in stroke van 4 cm x 10 cm. Rol elke steurgarnaal - buiten die stert - toe met die deeg. Plaas dit op ’n gesmeerde bakplaat en bak teen 180 °C vir sowat 20 minute tot bruin. Verdeel die sneeu-ertjies in glasies en sit 2 toegedraaide steurgarnale in elke glasie. Plaas die ander 2 op die bord saam met die soet brandrissiesous.
Verwante artikels
-
Aartappels en garnale met suurlemoen-botter
SARIE KOS April/Mei 2011
Kyk by jou supermark vir skoongemaakte garnale.
-
Gesonder aartappel-en-cheddarkaas-sirkels
SARIE KOS Lente 2010
-
Gróót steurgarnaalfees in Durban
SARIE - November 2009
















Kry jou SARIE oral, enige tyd