Steurgarnale, koningklip & pasta in papier gebak
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy kan dié gereg vooraf maak, en net voor jy dit in die oond sit, maak toe in die papierpakkies
(2 porsies)
- 150 g fettuccine-pasta
- 50 ml olyfolie
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 1 blik (400 g) gekapte tamaties
- 70 ml hoenderaftreksel
- hand vol vars basiliekruid (hou die blare heel)
- sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- 200 g rou steurgarnale, uit die dop
- 2 koningklipfilette van sowat 100 g elk
Kook die pasta vir sowat 8 minute. Maak intussen ’n sous. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die knoffel vir sowat 30 sekondes daarin. Voeg die tamatie en hoenderaftreksel by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat die sous vir sowat 10 minute oop kook. Voeg die vars basiliekruid by. Verhit die oond tot 200 °C. Meng die pasta, tamatiesous, vis en steurgarnale in ’n mengbak. Maak seker alles is goed met die sous bedek. Vat 2 stukke bakpapier wat groot genoeg sal wees om al die bestanddele in twee pakkies te vorm. Plaas dit op ’n bakplaat. Verdeel die vis en plaas dit in die middel van die papier. Maak die papier stewig toe en plaas in die oond vir 15 minute.
Slim idee
Jy kan ook bevrore koningklip gebruik, maar dit moet ontdooi wees. As koningklip nie beskikbaar is nie, gebruik enige ander ferm, wit vis.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Feta-en-botterskorsie-pasta
SARIE KOS April/Mei 2011
Geroosterde botterskorsie en pasta...wat 'n heerlike kombinasie!
-
Gróót steurgarnaalfees in Durban
SARIE - November 2009
-
Pasta alfredo
SARIE KOS Herfs 2010
Dis die sous werd...
-
Spaghetti carbonara
SARIE KOS vir mans 2010
20 minute
















Kry jou SARIE oral, enige tyd