Stokkie-frikkadelle

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS - Somer 2007

Stokkie-frikkadelle Foto’s: Micky Hoyle Galery

Maak die frikkadelle op 'n stokkie. So bly die kleingoed se hande skoon

(sowat 13)

  • 2 snye volkoringbrood
  • 500 g maalvleis
  • 1 eier
  • 90 g gerasperde kaas
  • 15 ml tamatiesous
  • 15 ml blatjang
  • 15 ml worcestersous
  • hand vol gekapte pietersielie (opsioneel)
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • sosatiestokkies in die helfte gesny

Week die brood vir sowat 10 minute in koue water. Druk die oortollige water uit, meng met die res van die bestanddele en geur met sout en swartpeper. Vorm klein balletjies in jou hand en druk elkeen afsonderlik op 'n sosatiestokkie. Pak op 'n bakplaat en bak vir 15-20 minute teen 200 °C. Laat goed afkoel op die bakplaat.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg
  • In samewerking met Amanda Weber

Verwante artikels

  • Gesonde kos in die skoolkosblik

    Gesonde kos in die skoolkosblik

    SARIE KOS - Somer 2007 | Kommentaar: 1

    Vir baie kinders is dit tyd mors om te eet. Om te speel is mos meer pret! Dieetkundige Amanda Weber gee smullekker idees en onthou-feite om jou kind se kosblik interessant én gesond te maak

Galery

  • Stokkie-frikkadelle
  • Stokkie-frikkadelle

Web Development by FormFunction