Suurlemoenkoek

SARIE - Julie 2009

Vir ons verjaardag-uitgawe van Julie het Nataniël spesiaal 'n suurlemoenkoek gebak. Hier is die resep

  • 250 ml strooisuiker
  • fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 60 ml botter, saggemaak
  • 3 eiers
  • 375 ml bruismeel
  • 15 ml papawersaad
  • 250 ml suurroom
  • sap van 1 suurlemoen

Verhit oond tot 180˚C. Voer ’n mediumgroot losboompan met bakpapier uit en smeer dit. Kombineer suiker, suurlemoenskil, botter en eiers in ’n mengbak.

Meng met elektriese menger tot lig van kleur en donsig. Vou meel en papawersaad in.

Roer suurroom deur. Gooi oor in pan en bak vir 50 minute. Haal uit die oond en gooi suurlemoensap oor die warm koek. Laat afkoel.

Sit voor met ’n mengsel van vars room, geklits tot sagte punte vorm, en mascarpone, wat jy effens versoet.

Verwante artikels

  • Gebakte  lemoenpoeding

    Gebakte lemoenpoeding

    SARIE KOS Herfs 2010

    Herfs beteken dit raak tyd vir warm poedings!

  • Lemoenblokkies-koek

    Lemoenblokkies-koek

    SARIE KOS Augustus / September 2011

    Die fyn neut is opsioneel – neut het ’n baie skerp smaak wat nie vir almal lekker is nie.

  • Lemoensmeer

    Lemoensmeer

    SARIE KOS Herfs 2010

    As jy van suurlemoensmeer (lemon curd) hou, sal jy gek wees hieroor. Skep dit in gebakte tertdoppies of bakkies en jy't 'n heerlike nagereg.

  • O, koek! 'n Realiteitsprogram in 'n bakkery?

    O, koek! 'n Realiteitsprogram in 'n bakkery?

    SARIE Julie 2010

    Ja, dis waar! Discovery Channel (DStv-kanaal 121) se realiteitsprogram Cake Boss is op 12 Julie om 17h30 vir die eerste keer in SA te sien, maar dis reeds 'n internasionale fenomeen.

Kommentaar

  • In een Kers-uitgawe van Sarie het Nataniel n eksoties nagereg gehad, individueel gemaak in Martini/Wyn glasies. Dit het begin met Sjokalade muffin onder in, dan erens bessies en n mengsel van suurlemoen en konsdensmelk, afgerond met Whispers bo-o. Dit is "devine", "orgasmic", maar het my resep verloor, help asb

    16de Feb. 2011, 08:16
  • Fantasties!! My vingers afgeet!!

    25ste Aug. 2009, 13:04
  • gaan beslis die koek bak vir die naweek lyk heerlik Dankie Nataniel.

    23ste Jul. 2009, 10:21
  • WOW - Dankie Nataniel, die koek is 'n wenner~!!!!

    21ste Jul. 2009, 11:34
  • Oh my goodness.....die koek moet ek beslis bak! Dankie Nataniel

    20ste Jul. 2009, 15:59