Suurlemoenpoeding

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Winter 2009

Suurlemoenpoeding Foto’s: Micky Hoyle Galery

As jy van ’n surigheid hou, is dié een net vir jou. Dit vorm vanself ’n heerlike sous onderin die bakkie

6 porsies

  • 25 g (45 ml) koekmeel
  • 80 ml suurlemoensap
  • 10 ml fyngerasperde suurlemoenskil
  • 4 eiers, geskei
  • 140 g (175 ml) strooisuiker
  • 200 ml melk
  • 30 ml botter, gesmelt

Verhit oond tot 180 ºC. Smeer 6 ramekin-bakkies met botter en sit hulle op ’n bakplaat. Plaas meel, suurlemoensap, -skil en eiergele in ’n mengbak. Hou 30 ml strooisuiker uit. Voeg res van strooisuiker by meelmengsel. Klits goed. Voeg melk en gesmelte botter by en klits goed. Klits eierwitte styf en voeg die 30 ml strooisuiker daarby. Klits weer goed. Vou die eierwitte by die mengsel in en skep in gesmeerde bakkies. Bak vir 15 minute. Sit warm voor.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Gebakte  lemoenpoeding

    Gebakte lemoenpoeding

    SARIE KOS Herfs 2010

    Herfs beteken dit raak tyd vir warm poedings!

  • Lemoensmeer

    Lemoensmeer

    SARIE KOS Herfs 2010

    As jy van suurlemoensmeer (lemon curd) hou, sal jy gek wees hieroor. Skep dit in gebakte tertdoppies of bakkies en jy't 'n heerlike nagereg.

  • Lemoenwiggies gekook in stroop

    Lemoenwiggies gekook in stroop

    SARIE KOS Herfs 2010

    Maak seker die gewig van die lemoene en die suiker is presies dieselfde.

  • Macarons

    Macarons

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Macarons are classic French cookies made with egg whites and ground almonds. They're not easy to make, but if you are accurate you're well on your way! Macaroons are larger American cookies, common in South Africa, made of egg whites and coconut.

  • Padstal-poeding

    Padstal-poeding

    SARIE KOS Winter 2010

    Ek noem dit sommer so, want jy koop ingemaakte kwepers by 'n padstal en maak 'n vinnige bo-laag.

  • Sjokolade-en-bessiebrood-poeding

    Sjokolade-en-bessiebrood-poeding

    SARIE - April 2010

    Daar is iets baie nostalgies aan broodpoeding. Hierdie weergawe het 'n persoonlikheid van sy eie.

  • Sjokolade-roompoeding

    Sjokolade-roompoeding

    SARIE KOS Junie/Julie 2011

    Jy kan dié een ook reeds die aand voor die tyd maak. Dit proe eintlik beter as dit yskoud met vars bessies voorgesit word.

  • Tipsy-poeding

    Tipsy-poeding

    SARIE KOS Winter 2010

    Ou kookboeke noem dit tipsy-poeding, maar ons praat ook van brandewynpoeding oor jy die brandewyn kan proe.