Tagliatelle-pasta (glutenvry)
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Vir my sal dit baie swaar wees om nie pasta te kan eet nie! Maak jou eie met glutenvrye meel.
- 375 g glutenvrye pasta-meel
- 4 eiers
- 60 ml olyfolie
- 75 ml water
Meng die meel en eiers goed saam. Voeg die olyfolie en water by en maak aan tot ’n deeg. Maak toe met kleefplastiek en laat rus in die yskas vir sowat 30 minute. Omdat die deeg nie gluten bevat nie, gaan ’n pasta-masjien nie werk nie. (Die deeg sit vas in die masjien en breek in stukke.) Sprinkel van die glutenvrye meel op jou werkoppervlak en rol die deeg tot 2 - 3 mm dik uit. Sny die deeg in lang stroke van 1 cm breed. Kook die pasta nes jy ander pasta sou kook vir sowat 8 minute tot al dente (ferm maar nie meer hard nie). Bedien saam met jou gunsteling-sous.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- In samewerking met Amanda Weber
Verwante artikels
-
Chorizo-en-ertjie-sous
SARIE KOS Herfs 2010
-
Feta-en-botterskorsie-pasta
SARIE KOS April/Mei 2011
Geroosterde botterskorsie en pasta...wat 'n heerlike kombinasie!
-
Gapermossel-en-tamatiepasta
SARIE KOS April/Mei 2011
Ek weet die olyfolie klink baie, maar wanneer die tamaties begin oopbars, word die sous gevorm.
-
Karamel-uie-en-olyfpasta
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Spaghetti carbonara
SARIE KOS Herfs 2010
-
Tagliatelle met parmesaankaas-en-bottersous
SARIE KOS Augustus / September 2011
















Kry jou SARIE oral, enige tyd