Tamarinde-skenkels

Deur Barbara Joubert

Tamarinde-skenkels Foto’s: Micky Hoyle Galery

Eenvoudig wow! Dis maklik om te maak, maar gaste sal dink jy was heeldag voor die kospotte

4 – 6 porsies

  • 4 lamskenkels
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 150 ml meel
  • 50 ml sonneblomolie
  • 250 ml warm water
  • 125 g tamarinde-pasta       
  • 2 groot uie, in skywe gesny
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 groot lourierblare
  • 30 ml bruin sjerrie
  • 15 ml heuning
  • 2 ml wonderpeper (allspice)

Geur die lamskenkels goed met sout en swartpeper. Rol skenkels in die meel en skud oortollige meel af. Verhit olie in ’n groot kastrol en braai skenkels tot goudbruin. Verwyder van hitte en gooi oortollige olie af. Meng water met tamarinde-pasta. Voeg die uie, knoffel, lourierblare, bruin sjerrie, heuning en wonderpeper daarby en gooi oor die skenkels. Geur met sout en swartpeper en maak toe met ’n deksel. Laat prut vir minstens 3 uur tot sag. Jy kan dit ook vir 1½ uur teen 180 ºC in die oond sit.

Om te drink
Rickety Bridge Shiraz

Verwante artikels

  • Lamskenkel-kerrie

    Lamskenkel-kerrie

    SARIE - April 2009

    Moenie afgesit word deur die baie bestanddele nie – die meeste is speserye.

  • Lamskenkel-pasteie

    Lamskenkel-pasteie

    SARIE KOS April/Mei 2011

    Om die skenkels in pasteie te omskep is veral lekker as jy gaste het. Maak vir elkeen sy eie pastei. So nie kan jy een groot pastei maak.

  • Lamskenkels

    Lamskenkels

    SARIE - Junie 2008

    As jy lekker groot lamskenkels kry, lyk dit soos ’n mini-lamsboud. Lank en stadig gekook en met ’n lekker sous is dit ideaal vir onthaal

  • Lamskenkels met kwepers

    Lamskenkels met kwepers

    SARIE KOS Winter 2010

    Moenie skrik vir die metode van skenkels gaarmaak nie - jy begin al die vorige dag om te verseker die skenkels is lekker sag.

  • Oondgebakte lamskenkel-kerrie met kwepers

    Oondgebakte lamskenkel-kerrie met kwepers

    SARIE Augustus 2011

    Die kwepers kook sag en deurskynend en blink soos juwele in die son!

  • Osso bucco - kalf-skenkels

    Osso bucco - kalf-skenkels

    SARIE KOS Herfs 2010

  • Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel

    Stadiggesmoorde Karoo-lamskenkel

    SARIE KOS Somer 2009/10

    Druk 'n kerfvurk in skenkel. As jy dit optel en die skenkel gly vanself stadig af, is dit gaar.

Web Development by FormFunction