Tamatiebredie
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Vandag gebruik die meeste van ons geblikte tamaties – niks daarmee verkeerd nie – maar Leipoldt se weergawe vra vars tamaties en speserye
(4 - 6 porsies)
- 1 200 g ryp, vars tamaties
- 500 g lamsribbetjie, van die been gesny
- 700 g kort lamskenkels
- meel om die vleis te bedek
- sowat 50 ml sonneblomolie
- 6 klein piekel-uitjies, in kwarte gesny
- 2 ml fyn gemmer
- 3 kardemomsade
- 5 ml koljandersaad
- 6 heel peperkorrels
- 7 ml vinkelsaad
- 7 ml droë tiemie
- 3 knoffelhuisies
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 15 ml blatjang
- 150 ml witwyn
Verhit jou oond tot 160 °C. Verwyder die skil van die tamaties. Sny die tamaties in kwarte. Sny die ribbetjie in sowat 4 cm-stukke. Bedek die ribbetjie en lamskenkels met meel. Skud die oortollige meel af. Verhit die sonneblomolie in ’n groot kastrol. Braai die ribbetjie en lamskenkels tot lekker bruin. Haal die vleis uit en hou eenkant. Gooi die uikwarte in dieselfde kastrol en braai vir 5 - 10 minute tot lekker bruin. Sit die vleis terug in die kastrol. Stamp die gemmer, kardemom, koljander, peperkorrels, vinkel, tiemie en knoffel met ’n stamper en vysel tot ’n pasta. Voeg by die vleis en meng goed. Voeg die tamaties by en geur met sout en swartpeper. Maak die kastrol met ’n deksel toe en kook in die oond vir 3 tot 3 ½ ure. Kyk so elke nou en dan dat dit nie droog kook nie. (As dit droog lyk, kan jy ’n bietjie water byvoeg.) Voeg die blatjang en wyn by en laat vir nog so ’n halfuur oop in die oond bak.
Om te drink
Die effe suur smaak van die tamaties vereis wyn met ‘n redelike hoë suurinhoud. Sauvignon blanc is ’n veilige keuse, en probeer ook ’n riesling.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
2de prys Tamatiebredie: Estelle Share
SARIE KOS Junie/Julie 2011
-
3de prys Tamatiebredie: Suzanne Malan
SARIE KOS Junie/Julie 2011
-
Blanquette de veau (kalfsvleis-en-groentebredie)
SARIE KOS vir mans 2010
Dié bredie is een van die mees klassieke Franse geregte. "Daar is letterlik honderde resepte - 'n aanduiding dat die Franse groot waarde daaraan heg," vertel Pieter.
-
Kerrieboontjie-bredie
SARIE KOS Winter 2010
Dié gereg is 'nwonderlike vegetariese kerrie.
-
Koolbredie
SARIE KOS Winter 2010
Daar is twee geheime wanneer jy koolbredie maak: Die kool moet in kookwater lê en die vleis moet baie bruin gebraai word. Hoe bruiner die vleis, hoe bruiner is die kool.
-
Koskenner Marlene van der Westhuizen se gunstelinge
SARIE - Junie 2010
-
Waterblommetjiebredie
SARIE KOS Winter 2010
Daar is al 'n liedjie oor waterblommetjies geskryf. G'n wonder nie: Dié bredie is iets om oor te sing. (Oorspronklik moet jy suring gebruik, maar ek gebruik net baie suurlemoensap.)
-
Wortelbredie
SARIE KOS Winter 2010
Dis iets vir wortelliefhebbers. Jy hoef nie klein worteltjies te gebruik nie - jy kan ook groot wortels in ringe sny.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd