Tamatiesous (salsa di pomodoro)

Deur Barbara Joubert, SARIE - Augustus 2007

Tamatiesous (salsa di pomodoro) Foto’s: Micky Hoyle Galery

Kook hierdie tamatiesous en jou Italiaanse kookkuns is halfpad gewonne. Ek gee dit in twee hoeveelhede sodat jy genoeg het om te vries. En gebruik gerus geblikte tamaties.

(vir 500 ml)

  • 30 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 750 g geblikte heel Italiaanse tamaties
  • 125 ml rooiwyn
  • 40 ml tamatiepasta
  • 40 ml vars gekapte basiliekruid of 5 ml droë basiliekruid
  • 5 ml suiker
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak (vir 1 liter)
  • 60 ml olyfolie
  • 3 uie, fyngekap
  • 750 g geblikte heel Italiaanse tamaties
  • 250 ml rooiwyn
  • 80 ml tamatiepasta
  • 80 ml vars gekapte basiliekruid of 10 ml droë basiliekruid
  • 10 ml suiker sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Voeg die gekapte uie by en laat stadig braai tot deurskynend en sag. Voeg die res van die bestanddele by en geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Laat die mengsel stadig kook vir sowat 1½ uur met die deksel effens oop, terwyl jy dit elke nou en dan roer. Druk nou die sous deur ’n sif of gebruik ’n elektriese verpulper. Geur weer indien nodig.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • Beste pizza nóg

    Beste pizza nóg

    SARIE - Augustus 2007

    Nes met enige ander Italiaanse gereg lê die lekker van ’n pizza ook in die tamatiesous. Ek onthou toe ek in 1982 laas in Italië was, kon jy ’n stuk van ’n groot pizza sommer op straat koop. Hier is my weergawe van só ’n staatmaker-pizza.

  • Cannelloni

    Cannelloni

    SARIE - Augustus 2007

    In my spysenieringsdae was dit die gereg wat ek die meeste moes maak. Ek het soos die “cannelloni-koningin” begin voel. Vandag maak ek dit nog gereeld wanneer ek onthaal. Ek maak gewoonlik my eie pasta, maar niks skort met gekoopte cannelloni-buise nie

  • Frikkadelle met tamatiesous

    Frikkadelle met tamatiesous

    SARIE - Augustus 2007

    Ek het ’n soortgelyke dis in Venesië geëet. Die frikkadelle is groot en word saam met pasta voorgesit.

  • Frikkadelle toegedraai in kool

    Frikkadelle toegedraai in kool

    SARIE - Augustus 2009

  • Ravioli

    Ravioli

    SARIE - Augustus 2007

    Jy kan die resepte vir die pasta en die ricotta-en-spinasievulsel gebruik (sien onder). Halveer die pastadeeg en rol dit met ’n koekroller uit.

  • Tamatie-smeersous

    Tamatie-smeersous

    SARIE - Oktober 2010

  • Tomates farcis (gevulde tamaties)

    Tomates farcis (gevulde tamaties)

    SARIE KOS vir mans 2010

    Die tamaties met 'n vulsel van gegeurde varkmaalvleis en spek word 'n geurige rooi bal in die oond. "Die vol geur van die tamatie kom tot sy reg en die soet-suur smaak vul die varkvleis goed aan," sê Pieter.

Web Development by FormFunction