Terrien met gerookte forel en avokadopeer
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dié terrien - my ma se gunsteling - het ons altyd Kersfees gekry.
Genoeg vir 10 mense
Forel-laag
- 300 g gerookte forel
- 500 g roomkaas
- 125 ml room
- 15 ml suurlemoensap
- 10 g gelatien
- sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Avokadopeer-laag
- 2 avokadopere
- 500 g roomkaas
- sap van ½ suurlemoen
- 10 g gelatien
- sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- roket, kersietamaties en kappertjiesaad (capers) vir versiering
Voer ’n broodpannetjie uit met kleefplastiek. Gebruik sowat 100 g van die gerookte forel om die pan uit te voer. (Dit maak nie saak as jy meer moet gebruik nie.) Week die gelatien in koue water. Wanneer die gelatien ferm is, plaas die bakkie oor kookwater om dit te smelt. Kap die res van die gerookte forel fyn in jou voedselverwerker. Voeg die roomkaas, room en suurlemoensap by. Meng goed. Geur met sout en swartpeper. Voeg die gesmelte gelatien by en meng goed. Plaas die hele mengsel in die broodpan en maak die avokadopeerlaag. (Smelt die gelatien op dieselfde manier.) Maak die avokadopere fyn in jou voedselverwerker en voeg die roomkaas en suurlemoensap by. Geur met sout en swartpeper. Voeg die gelatien by en meng goed. Plaas nou dié mengsel bo-op die forel-mengsel. Bedek die pannetjie met kleefplastiek en laat stol in die yskas. Versier jou borde met roket, kersietamaties en kappertjiesaad net voor jy die gereg voorsit. Keer die terrien uit en sny in skywe - en geniet!
Verwante artikels
-
Forel geposjeer in witwyn
SARIE KOS vir mans 2010
Hierdie is lekker rondsit-en-kuierkos.
-
Groente-terrien
SARIE KOS Somer 2009/10
Dis 'n wonderlike voorgereg. 6 porsies
-
Hoender-en-varkvleis-terrien
SARIE KOS Somer 2010/11
Hierdie gereg is baie lekker, ook as voorgereg.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd