Toffie-pere
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Almal ken toffie-appels, maar pere werk net so lekker en jou kinders sal mal wees daaroor.
6 toffie-pere
- 400 g (500 ml) suiker
- 250 ml water
- 6 Beurre Bosc-pere
Plaas suiker en water saam in ’n kastrol. Roer terwyl jy dit verhit. Sorg dat die suiker gesmelt is voor die stroop begin kook. Kook vir sowat10 minute tot hardebal-stadium (wanneer ’n klein bietjie van die stroop ’n harde balletjie vorm as jy dit in yswater laat drup). Jy moet versigtig werk wanneer die pere in stroop gedoop word, dis ongelooflik warm. Hou aan hul stingels vas. Plaas pere op bakplaat uitgevoer met gesmeerde bakpapier.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Pannekoek met vanielje-Pere en sjokolade-sous
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
As jy nie verjus het nie, gebruik 'n sauvignon blanc. Verjus is eintlik net wyn sonder alkohol, van groen druiwe gemaak.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd