Tomates farcis (gevulde tamaties)

Deur Barbara Joubert

Tomates farcis (gevulde tamaties) Foto’s: Micky Hoyle Galery

Die tamaties met 'n vulsel van gegeurde varkmaalvleis en spek word 'n geurige rooi bal in die oond. "Die vol geur van die tamatie kom tot sy reg en die soet-suur smaak vul die varkvleis goed aan," sê Pieter.

(5 porsies)

  • 10 groot, ferm tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 snye witbrood, sonder korsies
  • 100ml melk
  • 500g maer varkmaalvleis
  • 200g rugspek
  • 1 salot, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 hand vol pietersielie en tiemie, grofgekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 eier
  • 30ml olyfolie

Verhit oond tot 140ºC. Sny boonste deel van tamaties af en hol binnekante uit. Gooi 'n bietjie sout in en draai tamaties onderstebo om vloeistof te laat dreineer (plaas op 'n oondrak). Laat die brood in die melk week. Meng die maalvleis, spek, salot, knoffel, kruie en sout en swartpeper. Druk oortollige melk uit die brood en meng die brood met die vleismengsel. Voeg die eier by en meng goed. Stop die tamaties met die vleismengsel. Sprinkel olyfolie oor en bak vir 1½ uur.

Om te drink:
'n Chardonnay of pinot noir is 'n raakvatvennoot, meen pieter.

  • In samewerking met Emile Joubert

Verwante artikels

  • Bone-ertjie-en-tamatieslaai

    Bone-ertjie-en-tamatieslaai

    SARIE KOS Herfs 2009

    Dis ’n heerlike gereg op sy eie.

  • Gebraaide groen tamaties

    Gebraaide groen tamaties

    SARIE - Januarie 2006

    Jy kan nie help om aan die fliek Fried Green Tomatoes te dink terwyl jy dié maak nie. Maar ’n groentamatie is ’n variëteit wat ek nog nie in ons land raakgeloop het nie. Maak nie saak nie, ek het letterlik groen tamaties gebruik: dis nog nie ryp nie

  • Julie & Julia bruschetta

    Julie & Julia bruschetta

    SARIE KOS Lente 2010

  • Tamatiesous (salsa di pomodoro)

    Tamatiesous (salsa di pomodoro)

    SARIE - Augustus 2007

    Kook hierdie tamatiesous en jou Italiaanse kookkuns is halfpad gewonne. Ek gee dit in twee hoeveelhede sodat jy genoeg het om te vries. En gebruik gerus geblikte tamaties.

Kommentaar