Tongvis-normande
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Maak die gereg vir spesiale geleenthede – dis ryk, en die kombinasie van die room en-chardonnay-sousmaak dit besonders. Die ander lekkerte is dat die seekos in die wyn geposjeer word – en dit gee dit daardie ekstra smaak.
(2 PORSIES)
- 12 steurgarnale
- 500 ml chardonnay
- 150 g klein sampioene
- 2 tongvisse (sole)
- 250 ml room
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- sowat 30 ml fyngekapte pietersielie
Maak die steurgarnale skoon deur die dop en dermkanaal te verwyder (hou die stertjie aan). Verhit die chardonnay in ’n diep pan tot kookpunt. Sit die steurgarnale in die wyn net tot hulle pienk word. Haal uit en hou eenkant warm. Sit die sampioene ook in die wyn en posjeer dit vir 5 minute. Haal uit en hou eenkant warm. Plaas nou die tongvisse ook in die wyn en posjeer vir 5 minute. Haal uit en hou warm eenkant. Verhoog die hitte, voeg room by en laat die sous afkook tot helfte van die volume, en dik. Geur
met sout en peper. Plaas die tongvisse op ’n bord en rangskik die sampioene en steurgarnale bo-op. Gooi
sous oor en besprinkel met pietersielie. Sit dadelik voor.
Om te drink
Die onderliggende karakter van Rhebokskloof se Chardonnay 2009 herinner aan botter en roosterbrood.
Die wyn is boonop houtverouderd en sal goed pas by dié gereg se ryk sous.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Brosgebraaide calamari en tjips
SARIE KOS Augustus / September 2011
-
Eenvoudige Thai-viskoekies
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Jy kan bevrore vis gebruik as jy nie vars vis kan kry nie.
-
Groente-en-vis-pakkies
SARIE KOS Augustus / September 2011
Jy kan die pakkies reeds voor werk maak en in die yskas hou. Bak dit dan net wanneer jy by die huis kom.
-
Tongvis met Parmesaankaas
SARIE - September 2006
Dis ’n lekker resep om tongvis vir ’n slag anders voor te sit - in een bak in die oond, en jy’t iets nuuts. Dit kan ook ’n baie lekker voorgereg wees. Bevrore tongvis is nou oral beskikbaar













Kommentaar