Tortiglioni-pasta met warm tamatie-en-spek-sous
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Werklik baie maklik. Terwyl dit kook, kan jy lekker saam met jou vriende kuier.
Tortiglioni-pasta
- 500 g tortiglioni-pasta (of enige pasta van jou keuse)
- 60 g (60 ml) botter
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak. Dreineer. Smelt die botter saam met die knoffel in ’n groot kastrol. Voeg die pasta by en roer goed sodat dit bedek word met die knoffelbotter.
Warm tamatie-en-spek-sous
- sowat 50 ml olyfolie
- 500 g repiespek (streaky bacon), in klein blokkies gesny
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 3 blikke kersietamaties
- 100 ml rooiwyn
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 250 ml room
- hand vol vars basiliekruidblare
- 100 g pecorino-kaas, gerasper, om voor te sit
Verhit die olyfolie in ’n diep pan. Braai die spek daarin tot bros. Voeg die ui en knoffel by en braai vir sowat 5 minute. Voeg die geblikte tamaties en rooiwyn by. Geur met sout en swartpeper en laat stadig oop prut vir so 30 - 45 minute. Dit moet dik word. Voeg nou die room by en laat prut vir so 10 minute. Net voor jy die pasta voorsit, kan jy die vars basiliekruidblare deur die sous roer - of strooi dit bo-op. Sit voor saam met gerasperde pecorino-kaas.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gapermossel-en-tamatiepasta
SARIE KOS April/Mei 2011
Ek weet die olyfolie klink baie, maar wanneer die tamaties begin oopbars, word die sous gevorm.
-
Roket-tamatie-en-swart olywe-sous
SARIE KOS Herfs 2010
-
Spaghetti carbonara
SARIE KOS Herfs 2010
-
Spaghetti carbonara
SARIE KOS vir mans 2010
20 minute
-
Varkworsie-en-tamatie-sous
















Kry jou SARIE oral, enige tyd