Tuisgemaakte gnocchi en gebraaide bone

Deur Herman Lensing, SARIE - Februarie 2010

Tuisgemaakte gnocchi en gebraaide bone Foto’s: Donna Lewis Galery

Daar is iets spesiaals aan tuisgemaakte pasta. Dit laat jou dadelik bederf voel.

2 porsies

  • 2 aartappels, gekook tot sag, skil verwyder
  • 1 eier
  • 210 g (375 ml) meel, plus ekstra vir uitrol
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 45 ml botter
  • 10 salieblare
  • 70 g boerbone, gedompel in kookwater, velletjies verwyder
  • 70 g groenbone, gedompel in kookwater
  • 70 g suiker-ertjies, gedompel in kookwater

Druk gaar aartappels deur ’n sif tot ’n fyn puree. Voeg eier en meel by en meng tot ’n hanteerbare deeg. Voeg nog meel by, indien nodig, totdat dit nie meer klewerig is nie. Geur goed met sout en swartpeper. Laat rus vir 20 minute. Verdeel deeg in 4 en bestrooi ’n oppervlak met meel. Gebruik jou vingerpunte en rol deeg in lang silinders uit, sowat 2 cm dik. Sny gerolde deeg in 2 cm lange gnocchi en hou eenkant terwyl jy die res uitrol. Kook ’n groot pot vol water en gooi gnocchi in. Sodra hulle dryf, is hulle gaar. Dreineer en hou eenkant. Smelt botter in ’n groot pan. Voeg salieblare by, gevolg deur bone. Braai vir 5 minute en voeg gaar gnocchi by. Braai vir 5 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.

Wenk
Besoek jou naaste deli as jy nie tyd het om self gnocchi te maak nie. Hulle hou won-derlike gnocchi aan wat byna net so lekker is.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar

Verwante artikels

  • Kekerertjie-en-boneslaai

    Kekerertjie-en-boneslaai

    SARIE KOS Somer 2010/11

    Ek moet sê, die kombinasie van die fetakaas en bone is regtig lekker.

  • Sampioen-en-spek-gnocchi

    Sampioen-en-spek-gnocchi

    SARIE Julie 2011

    Jy kan dié pasta ook in die plek van ’n aartappelgebak voorsit as bygereg saam met braaivleis.

  • Tafel vir 2 - Spyskaart-idees vir Valentynsdag

    Tafel vir 2 - Spyskaart-idees vir Valentynsdag

    SARIE - Februarie 2010

    Valentynsdag is 'n dag om liefde vir mekaar te vier, te lag oor wat was en te deel oor wat nog kom! Maak kos met oorgawe en liefde, dit sal onvergeetlik bly. Herman dek 'n tafel vir 2