Tuisgemaakte paaseiers

Deur Herman Lensing, SARIE April 2012

Tuisgemaakte paaseiers Foto’s: Donna Lewis Galery

Nog nooit was Paaseiers so lekker nie! Jy kan die vorms koop by SARIE se aanlynwinkel op sarie.com

Paasbederf met net 7 bestanddele.

(6 porsies)

  1. 200 g donkersjokolade, fyngekap
  2. 10 ml gelatien
  3. 30 ml water
  4. 400 g bevrore frambose
  5. 45 ml suiker
  6. 200 g witsjokolade, fyngekap
  7. 250 ml room

Smelt donkersjokolade in ’n glasbak oor ’n pot met kookwater. Verf gesmelte sjokolade met ’n koskwassie in die holtes van 12 halfeier-vorms. Plaas in vrieskas tot gestol. Herhaal die proses 3 maal. Week gelatien in water vir 1 minuut. Plaas frambose en suiker in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Laat prut vir 5 minute. Verpulp in voedselverwerker en druk mengsel deur ’n sif. Voeg geweekte gelatien by terwyl mengsel nog warm is en roer tot gesmelt. As die mengsel te koud is, verhit dit ’n paar sekondes in die mikrogolfoond. Smelt witsjokolade en 50 ml van die room saam in ’n glasbak oor kookwater. Voeg by framboosmengsel en meng goed. Klits room tot sagte punte vorm en vou in. Verdeel tussen 6 van die sjokolade-holtes. Sit vir 2 – 3 uur terug in yskas om te stol. Haal versigtig uit vorms en sit leë sjokoladehelftes bo-op. Sit voor.

Wenk

As jy nie vorms kan kry nie, laat die mousse in klein bakkies stol en gooi gesmelte donkersjokolade oor net voor jy dit voorsit.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

  • Confit-eend met groenbone

    Confit-eend met groenbone

    SARIE April 2012

    Die Franse manier van eend gaarmaak is hemels. Deesdae kry jy eend en eendvet by al wat supermark is. Glo my, dis ’n moet op die tafel. Paasbederf met net 7 bestanddele.

  • Maklike rogbrood

    Maklike rogbrood

    SARIE April 2012

    Ek laat die brood in ’n broodmandjie rys om die mooi patroon te kry.

    Paasbederf met net 7 bestanddele.

  • Ontbeende lamsbladrol

    Ontbeende lamsbladrol

    SARIE April 2012

    Lamsblad was altyd Paasfees op ons tafel. Probeer dié een. Ek weet lam is so ’n bietjie duur, maar dis darem ’n baie spesiale naweek.

  • Pangebraaide groenbone

    Pangebraaide groenbone

    SARIE April 2012

    Braai die bone in die eendvet van die confit. Jou gaste sal vra vir nog!

     

  • Panzanella met oondgebakte tamaties

    Panzanella met oondgebakte tamaties

    SARIE April 2012

    Aandete terwyl die son sak.

    Dié klassieke Italiaanse broodslaai kombineer ek met ’n caprese-slaai. Dis propvol smaak.

  • Paprika-aartappelwiggies

    Paprika-aartappelwiggies

    SARIE April 2012

    Ligte namiddag-happie

    Maak gewone aartappelwiggies interessant met gerookte paprika. Paasbederf met net 7 bestandele.

  • Parmesaan Broodstokkies met soetwyn

    Parmesaan Broodstokkies met soetwyn

    SARIE April 2012

    Laataand-kaasbord

    Die olywe lyk dalk baie, maar dís wat dit so lekker maak.

    Paasbederf met net 7 bestanddele.

     

     

  • Platbrood-ontbytpizza

    Platbrood-ontbytpizza

    SARIE April 2012

    Hierdie is ’n goeie manier om gaste te beïndruk. Alles op een bord, van brood tot kaas! Onthou om die deeg die dag voor die tyd by jou bakkery te bestel. Paasbederf met net 7 bestandele.

  • Roomys-stokkies met skop

    Roomys-stokkies met skop

    SARIE April 2012

    Nou hoef jy nie net skemerkelkies te drink nie, jy kan dit sommer eet!

    Paasbederf met net 7 bestaddele.

Kommentaar