Tuna-koekies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(30 minute - 4 porsies)
- 1 pakkie kits-aartappels
- 350 ml warm melk
- 2 blikkies tuna
- sowat 12 grasuie (chives), gekap
- 15 ml suurlemoensap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 100 g broodkrummels
- sonneblomolie om koekies in te braai
Meng die pakkie kits-aartappels met die warm melk. Dreineer die tuna en vlok dit. Meng al die bestanddele behalwe die broodkrummels goed saam en geur met sout en swartpeper. Vorm die koekies met jou hande (jy sal so agt uitkry) en rol dit in die broodkrummels. Verhit die olie in ’n pan en braai die koekies aan albei kante tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier. Sit voor saam met tartaresous (meng 125 ml mayonnaise, twee agurkies wat baie fyn gekap is, so 10 kappertjiesade, ook fyn, en geur met sout en swartpeper), suurlemoenwiggies en slaai van jou keuse.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gerooktesnoek-koekies
SARIE KOS Winter 2010
30 minute
-
Tuna-konkoksie
SARIE KOS vir mans 2010
-
Warm tuna-kaas-broodjie
20 minute
















Kry jou SARIE oral, enige tyd