Turkse lekkers
Die naam sê reeds dit smelt in die mond (dis mos Turkish Delight).
Sowat 16 lekkers van 2 x 2 cm elk
- 12 gelatienvelle
- sowat 400 ml water
- 400 g (500 ml) suiker
- 35 g (75 ml) mielieblom
- 1 ml sitroensuur (citric acid)
- 200 ml water
- 10 ml rooswater
- pienk voedselkleursel
- 50 g (105 ml) mielieblom
- 50 g (95 ml) versiersuiker
Week gelatienvelle vir sowat 5 minute in 400 ml water. Smeer pannetjie van 12 x 12 cm en sowat 5 cm diep met olie. Haal gelatienvelle uit water en druk water uit. Meng suiker, mielieblom, sitroensuur en 200 ml water in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte totdat suiker opgelos is. Kook vir 7 minute en voeg rooswater en geweekte gelatien by. Meng tot gelatien gesmelt het. Kleur met ’n klein bietjie kleursel en gooi in gesmeerde pannetjie. Laat ’n bietjie afkoel voordat jy dit in die yskas sit tot gestol (so 4 uur). Dompel onderkant van pannetjie in ’n bak met warm water vir letterlik net ’n paar sekondes sodat lekkergoed loskom. Sif mielieblom en versiersuiker saam. Sny lekkergoed in blokkies of vorms van jou keuse. Rol lekkers in gesifte mielieblom en versiersuiker.
Wenk
As jy nie gelatienvelle in die hande kan kry nie, gebruik 30 ml korrelgelatien en los dit op in 50 ml water. Smelt die gelatien dan weer oor warm water en volg die resep.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar
Verwante artikels
-
Gesonder turkse lekkers
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Heuningkoek-lekkers
SARIE KOS April/Mei 2011
Ek is mal oor Crunchie-sjokolade. Dié lekkers proe nie net soos heuning nie, dit lyk ook soos 'n heuningkoek.
-
Rooswater-koeksisters
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 3
Ek gee my ouma se resep nuwe lewe met rooswater in die stroop. Blomgeure is immers nou gróót.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd