Umqa
Foto’s: Donna Lewis Galery
Stampmielies hou sy lyf risotto!
(4 – 6 PORSIES)
- 2 middelslag- of 1 groot botterskorsie, in blokkies gesny
- 45 ml olyfolie
- 1 ui, gekap
- 250 ml mielierys
- 250 ml witwyn
- 1 liter hoenderaftreksel
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 45 ml botter
- 1 hand vol salie
- 30 g parmesaankaas, fyngerasper
Verhit die oond tot 180 °C. Pak die botterskorsie op ’n bakplaat, maak dit toe met foelie en bak dit vir omtrent 30 minute tot goudbruin en sag. Verhit die olyfolie in ’n middelslag-pan, voeg die ui by en braai dit vir omtrent 3 minute tot dit begin bruin word. Voeg die mielierys by en roerbraai dit vir ’n minuut.
Gooi die witwyn by en verhit dit tot kookpunt. Gooi nou die aftreksel lepel vir lepel by, soos met risotto, totdat als geabsorbeer en die mielierys sag is. Voeg die botterskorsie by en geur dit met sout en swartpeper. Verhit die botter in ’n klein potjie oor matige hitte. Wanneer dit ligbruin begin verkleur, voeg jy die salieblare by. Sit die umqa voor met die saliebotter en parmesaan en ‘n bier daarby.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Ertjie-risotto
SARIE KOS Somer 2010/11
As ek een ete moet kies as my laaste maal, sal dit beslis risotto wees!
-
Geroosterde groente-risotto
SARIE KOS - Herfs 2008
Dié een lyk so mooi dat jy dit enige tyd met gaste – veral vegetariërs – kan deel.
-
Krap-risottokoekies
SARIE - November 2009
Oorskiet-risotto werk baie lekker om dié koekies te maak.
-
Parmesaan-risotto met gebakte pampoen
SARIE - Maart 2011
Vra 'n vriendin met kookvernuf.
-
Sampioen-en-bloukaas-risotto
SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 1
30 minute
-
Sampioen-en-botterskorsie-risotto
SARIE KOS April/Mei 2011
'n Alles-in-een-ete!
-
Trippa alla Florentina soos Emile dit kook
SARIE - Junie 2005
Afval - óf jy hou daarvan, óf jy hou niks daarvan nie. Die naaste wat ’n mens aan ’n middeweg kan kom, is hierdie heerlike Italiaanse beespens in ’n tamatie-en-kruiesous. Die resultaat is geurig en sag - mits jy geduld gebruik, iets wat beespens nodig het.
















Kommentaar