Varkfilet met sampioen-roomsous
Foto’s: Micky Hoyle Galery
- 30 ml olyfolie
- 3 varkfilette, in skywe van sowat 3 cm gesny
- 2 uie, gehalveer en in skywe gesny
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 400 g sampioene, gehalveer
- 10 ml gerookte paprika
- 250 ml room
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- hand vol vars basiliekruid
- 30 ml mielieblom
- 100 ml water
Verhit olyfolie in ’n pan. Braai varkfiletskywe vir sowat 8 minute tot bruin. Voeg uie en knoffel by en braai tot sag. Voeg sampioene, paprika en room by. Geur met sout en swartpeper. Laat vinnig oop kook vir 15 minute. Voeg basiliekruid by. Meng mielieblom met water en voeg by. Hou aan roer tot die sous lekker dik is. Sit voor saam met rys.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gekaramelliseerde varkribbetjie met soetpatats
30 minute
-
Kruiebotter
SARIE KOS vir mans 2010
Skep lepels vol van dié sagte botter op jou warm steak. Dit sal jou mond laat water!
-
Mosterd-en-knoffel-varklies
SARIE KOS Somer 2009/10
Vra die slagter om die varklies te ontbeen en sommer ook die vel te verwyder. Hierdie gereg sit ek koud voor - lekker vir middagete.
-
Ontbeende varkblad gestop met pruime
SARIE KOS Winter 2010
Die kombinasie van pruime en varkvleis is 'n wenner.
-
Spinasie-gevulde varklies
SARIE KOS Somer 2009/10
Dis beslis 'n Kersmaal.As jou varklies minder as 3 kg weeg, rooster die vleis 30 minute lank vir elke 500 g plus nog 25 minute.
-
Varkfilet met appel
SARIE KOS Feb/Mrt 2012
’n Klassieke kombinasie: vark en appel.
Met die bloubessies by raak dit meer hedendaags. As jy nie van bloubessies hou of dit in dit hande kan kry nie, kan jy dit net uitlos. -
Varkworsie-en-tamatie-sous
















Kry jou SARIE oral, enige tyd