Varkvleis-burger
Foto’s: Micky Hoyle Galery
My gunsteling van alle burgers!
(6 porsies)
- 30 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 10 snye witbrood, korsies verwyder
- 600 g varkworsies
- 15 ml pietersielie, gekap
- 1 eier, geklits
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 250 g repiespek (streaky bacon)
- vars bronkors (watercress)
- 6 broodrolletjies van jou keuse
Verhit jou oond tot 180 °C. Verhit die helfte van die olyfolie in ’n pan. Braai die ui tot sag en deurskynend. Dit sal 2 – 3 minute neem. Kap die witbrood fyn in jou voedselverwerker. Druk die vleis van elke worsie uit. Meng die ui, brood, vleis, pietersielie en eier goed saam. Geur met sout en swartpeper. Maak jou hande nat met ’n bietjie water en vorm 6 patties. Verhit die res van die olyfolie in ’n pan en braai hulle vir 2 – 3 minute aan elke kant. Pak die patties op ’n bakplaat en bak in die oond vir 6 minute. Plaas die spek op ’n bakplaat en rooster in die oond tot bros. Pak vars bronkors op die onderste helfte van elke broodrolletjie. Sit ’n patty bo-op en dan van die bros spek. Sit voor saam met aartappelskyfies.
Om te drink
’n Glas Burchell Premium Cider saam met die varkvleis is ’n heerlike kombinasie.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Hamburgers
SARIE KOS Junie/Julie 2011
-
Oondgebakte gekrummelde varktjops
SARIE KOS Augustus / September 2011
















Kry jou SARIE oral, enige tyd