Vars aarbeie gedoop in sjokolade
Foto’s: Micky Hoyle Galery
- sowat 800 g aarbeie
- 100 g 70%-donkersjokolade
Breek die sjokolade in ’n mengbak wat oor ’n kastrol met kookwater pas. Maak seker die bak raak nie aan die water nie. Die water hoef nie meer te kook nie, dit moet net baie warm wees. Roer elke nou en dan die sjokolade tot dit gesmelt is. Doop die punte van die aarbeie in die sjokolade en plaas op waspapier totdat die sjokolade hard geword het.
Om te drink
Pierre Jourdan Ratafia - ’n jerepiko-styl wyn van chardonnay-druiwe gemaak, versterk met die Cabrière-landgoed se eie potketel-brandewyn.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- Decor Anita Rossouw en Lounette Fourie
Verwante artikels
-
Churros met sjokoladesous
SARIE - Maart 2011
Die Spaanse manier van doughnuts maak, dis vinnig en maklik!
-
Doen-dit-self-pavlova met roosroom en vars aarbeie
SARIE - Desember 2009
Sit sommer die bakke op die tafel en laat jou gaste elkeen hul eie pavlova maak. Die res is so maklik, jy kan ontspan en rustig saam kuier
-
Roomys-koek
SARIE KOS - Somer 2008
Die koek het my letterlik 10 minute geneem om te maak en jy kan dit lank voor Kersdag doen. Jy hou dit in jou vrieskas. Die sjokoladesous wat ek daarmee saam voorsit, is net so maklik. Wanneer jy die sous oor die roomys gooi, stol dit effens en word taai.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd