Vars gekookte beet met bokkaas
Foto’s: Micky Hoyle Galery
(6 porsies)
- 6-8 klein beetwortels
- 30 ml olyfolie
- 200 g ferm bokkaas
- vars klein spinasie- of slaaiblare
Gremolata
- 30 ml dun suurlemoenskil
- 2 knoffelhuisies en 'n vuis vol pietersielie saam fyngekap
Gebruik die varsste klein beetwortels wat jy kan kry. Skrop skoon en kook in water tot sag maar nog ferm. Trek die skille af en sny die beet in groterige blokkies, of hou dit heel as hulle baie klein is. Gebruik jou hande om die beet met olyfolie te vryf sodat hulle blink. Rangskik die groen blare in 'n bak en pak die beet in die blare. Geur met 'n bietjie growwe sout. Sny die kaas in blokkies of krummel fyn. Rangskik op die beet en strooi gremolata bo-oor. Sit koud voor.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- Produksie Barbara Joubert en Danny Toüa
Verwante artikels
-
Beet met avokadosalsa en bokmelkkaas
SARIE KOS April/Mei 2011
Die kombinasie van die beet en bokmelkkaas werk goed saam. Lekker lig vir 'n voorgereg.
-
Beet-en-biersop
SARIE KOS Herfs 2010
Die Russiese keiserin Katharina die Grote was glo dol oor dié sop. Haar minnaars moes dit vir haar berei en as hulle hul slag verloor het, is hulle uitgeskop.
-
Beet-en-uie-marmelade
SARIE KOS Somer 2009/10 | Kommentaar: 2
Hemels saam met 'n lekker sterk kaas. sowat 500 ml
-
Beet-en-uie-tarte tatin
SARIE KOS Somer 2009/10
Tarte tatin is 'n onderstebo tert. Makliker om te maak as wat jy dink!
-
Geroosterde beetslaai
SARIE KOS Somer 2009/10
Om die pekeluitjies makliker te skil dompel hulle in kookwater vir 4 minute en dan in kouewater.
-
Roast beet salad
SARIE KOS Somer 2009/10
-
Uit my dorpsplaas-tuin
SARIE KOS - Somer 2007
“Tot jy smôrens in jou eie tuin kan rondloop terwyl die dou nog lê, en ’n kooksel beet blare en al uit die grond trek, het jy nog nie gelewe nie”
















Kry jou SARIE oral, enige tyd