Vars vye met bokmelkkaas-en-parmaham-slaai
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Vir ’n lang kuier-aand is dit lekker om ’n slaai ná die voorgereg voor te sit - veral die kombinasie van vye en parmaham
(6 porsies)
Slaai
Jy benodig
- 8 vars vye
- 160 g bokmelkkaas
- 6 hande vol vars roket
- 12 snye parmaham (2 snye per persoon)
Sny die vye in kwarte en die bokmelkkaas in skywe. Plaas ’n groot hand vol vars roket op elke bord. Rangskik die vye, parmaham en bokmelkkaas bo-op. Sprinkel slaaisous oor net voor jy die slaai opdien.
Slaaisous
Jy benodig
- 60 ml olyfolie
- 45 ml suurlemoensap
- gerasperde skil van halwe suurlemoen
- 1 klein uitjie, baie fyngekap
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Meng al die bestanddele saam en geur met sout en swartpeper. Skud goed net voor jy die sous oor die slaai sprinkel.
Om te drink
Spar se Olive Brook Sauvignon Blanc
Verwante artikels
-
Aspersies in parmaham
SARIE KOS Somer 2009/10
Met 'n paar lekkertes uit die deli kan jy in 'n japtrap heerlike hongerstillers voorsit.
-
Barbara en Herman kook saam by die SA Kaasfees
SARIE - April 2010
-
Gebraaide-perskes-en-ham-slaai
SARIE - Desember 2010
Die perfekte somerslaai vir Kersdag. Braai die perskes oor die kole vir daardie lekker vuursmaak.
-
Vrugtebord
SARIE KOS Lente 2010
















Kry jou SARIE oral, enige tyd