Vinnige broodjies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Dis baie lekker om by ’n supermark te kan inloop en brooddeeg sommer van die rak af te koop
(sowat 8 broodjies)
- 1 kg gekoopte brooddeeg
- 14 geel kersie-tamaties
- 14 rooi kersie-tamaties
- 8 ansjovis-filette
- sowat 28 kappertjiesade
- growwe sout
Verhit die oond tot 180 °C. Verdeel die deeg in sowat 8 stukke. Vorm ronde broodjies en plaas dit op ’n gesmeerde bakplaat. Druk die tamaties, kappertjiesaad en ansjovis-filette bo-op. Laat die broodjies vir sowat 20 minute op ’n warm plek rys. Plaas in die warm oond en bak vir sowat 30 minute tot gaar. Haal uit en sprinkel growwe sout oor.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gebraaide mozzarella-broodjies met ansjovis-sous
SARIE KOS Augustus / September 2011
Die kombinasie van die broodjie met die ansjovis-sous is heerlik.
-
Regmaker-broodjie
SARIE KOS vir mans 2010
-
Steak-broodjie
SARIE KOS Herfs 2010
20 minute
-
Worsbroodjies
SARIE KOS Somer 2009/10
Jy kan die Franse brood met een oopgesnyde gebakte aartappel per persoon vervang. Neem 30 minute
















Kry jou SARIE oral, enige tyd