Vinnige kondensmelkkaaskoek

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Lente 2010

Vinnige kondensmelkkaaskoek Foto’s: Micky Hoyle Galery

Kaaskoek kan lank neem om te maak, maar dié een is vinnig, maklik en lekker.

(6 - 8 porsies)

  • 200 g Digestive-koekies
  • 150 g (160 ml) botter, gesmelt
  • 500 g roomkaas
  • 1 blik (385 g) kondensmelk
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 3 eiers

Verhit oond tot 160 °C. Kap koekies fyn in jou voedselverwerker. Voeg gesmelte botter by en meng goed. Voer 'n bakplaat van 30 x 20 cm uit met bakpapier en druk koekiekors daarop vas. Klits roomkaas, kondensmelk, skil en eiers saam. Giet oor kors en plaas in warm oond. Bak vir 35 - 40 minute. Haal uit en laat afkoel. Sny in blokke en sit voor saam met vars vrugte van jou keuse of versier met blommetjies. Jy kan ook 'n bietjie versiersuiker bo-oor sif.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

Kommentaar