Vinnige lamsosaties

Deur Herman Lensing

Vinnige lamsosaties Foto’s: Donna Lewis Galery

25 minute

(4 porsies)

  • 450 g lamsvleis-blokkies
  • 125 g sagte droë-appelkose
  • 1 ui, helfte fyngekap en ander helfte grofgekap
  • 6 sosatiestokkies, in water geweek
  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml kerriepoeier
  • 30 ml bruinsuiker
  • 60 ml appelkooskonfyt
  • 50 ml asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Ryg vleisblokkies, uiestukke en appelkose om die beurt op sosatiestokkies tot al die vleis op is. Verhit olyfolie tot warm in 'n middelslag-pan. Voeg fyn ui en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute. Voeg kerriepoeier, bruinsuiker, konfyt en asyn by. Braai vir nog 5 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Sit sosaties in warm sous en meng goed sodat dit oral bedek is. Verhit
'n riffelpan tot vuurwarm. Braai sosaties vir sowat 5 - 8 minute aan 'n kant of langer tot gaar. Sit warm voor.

  • Assistent Melissa Pecoraro

Verwante artikels

Kommentaar