Vinnige sjokoladekoek

Deur Barbara Joubert, SARIE KOS Herfs 2009

Vinnige sjokoladekoek Foto’s: Micky Hoyle Galery

Hierdie maklike een is vir wanneer jou kind op die nippertjie aankondig: Ma, ons moet môre koek skool toe vat

Vir ’n vierkantige pan van sowat 15 x 20 cm.

(sowat 12 blokke)

  • 230 g (250 ml) sagte botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 4 eiers
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 60 ml kakao gemeng met 60 ml warm water
  • 10 ml bakpoeier

Vir ’n vierkantige pan van 32 x 38 cm

(sowat 24 blokke)

  • 460 g (500 ml) sagte botter
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 8 eiers
  • 560 g (1 000 ml) koekmeel
  • 120 ml kakao gemeng met 120 ml warm water
  • 20 ml bakpoeier

Verhit jou oond tot 180 ºC. Voer die boom van die pan uit met bakpapier en smeer of spuit die pan goed. Plaas al die bestanddele in ’n mengbak. Meng alles saam teen ’n lae spoed tot ’n gladde beslag. Jy kan die menger vinniger stel wanneer die bestanddele deurgemeng is. Skep in die uitgevoerde pan en bak vir 25 minute. Haal uit die oond en laat effens afkoel in die pan voor jy die koek op ’n afkoelrak uitkeer. Versier met sjokolade-versiersel. Sny die koek in blokke so groot soos jy verkies en plaas ’n sjokolade-truffel bo-op elkeen.

Sjokolade-versiersel
Dié resep is vir die groter sjokoladekoek. Halveer dit as jy die kleiner een bak.

  • 250 g (270 ml) sagte botter
  • 500g (960 ml) versiersuiker
  • 40 g (100 ml) kakao
  • 50 ml melk

Sit die botter in jou elektriese menger. Sif die versiersuiker en kakao saam. Voeg dit by die botter. Meng alles goed saam en voeg melk by vir gladde versiersel.

  • Assistent Lynnae Janse van Rensburg

Verwante artikels

  • O, koek! 'n Realiteitsprogram in 'n bakkery?

    O, koek! 'n Realiteitsprogram in 'n bakkery?

    SARIE Julie 2010

    Ja, dis waar! Discovery Channel (DStv-kanaal 121) se realiteitsprogram Cake Boss is op 12 Julie om 17h30 vir die eerste keer in SA te sien, maar dis reeds 'n internasionale fenomeen.

  • Sjokoladekoek

    Sjokoladekoek

    SARIE - Januarie 2011

  • Ystervarkies

    Ystervarkies

    SARIE KOS Winter 2010

    Eintlik is dié lekkerte Australies, maar omdat my ouma dit só lekker gemaak het, is dit vir my pure Suid-Afrikaans!