Vis-en-tjips
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Jy hoef nie saans ure in die kombuis deur te bring nie - niks langer as 30 minute nie!
20 minute - 4 porsies
- 4 - 6 stokvisfilette
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 3 eiers
- 100 ml melk
- 250 ml meel
- 400 ml sonneblomolie, om die vis in te braai
- oondbak-aartappelskyfies, om voor te sit
- een suurlemoen, in kwarte gesny, om voor te sit
Geur die vis met sout en swartpeper. Klits die eiers en melk saam. Gooi die meel in ’n plat bak. Verhit die olie in ’n dieperige pan. Rol elke visfilet eers in die meel en dan in die eiermengsel. Plaas die vis in die warm olie - maak seker jou olie is nie té warm nie, anders gaan die meelmengsel brand terwyl die vis nog rou is. Braai die vis weerskante. Dit sal so 6 - 8 minute neem. Sit voor met oondgebakte aartappelskyfies - volg die aanwysings op die pak - en suurlemoenwiggies.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Gebakte vis in bierdeeg met koolslaai
30 minute
-
Krummelvis met kapok-aartappels
SARIE KOS vir mans 2010
20 minute
-
Thai-viskoekies met slaai
SARIE - Januarie 2011
30 minute
















Kry jou SARIE oral, enige tyd