Volkoring-en-hawermout-koekies
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Hulle hou goed in ’n lugdigte houer. Dis baie lekker met botter en sterk cheddarkaas.
(sowat 20 koekies van 8 cm)
- 150 g (250 ml) volkoringmeel
- 240 g (750 ml) hawermout
- 100 g (110 ml) botter
- 65 g (80 ml) bruinsuiker
- 60 ml gouestroop
- 60 ml melk
Verhit jou oond tot 180 °C. Plaas volkoringmeel in ’n mengbak. Kap hawermout fyner in jou voedselverwerker en voeg by die meel. Vryf botter in die meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg suiker by en meng goed. Verhit gouestroop en melk saam tot dit goed gemeng is. Laat effens afkoel voor jy dit by die meelmengsel gooi. Knie die mengsel goed. Rol deeg dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Gebruik ’n 8 cm-koekie-uitdrukker om koekies uit te druk. (Jy kan ’n kleiner uitdrukker ook gebruik.) Plaas koekies op ’n bakplaat uitgevoer met bakpapier. Bak vir 10 minute. Laat eers effens op die bakplaat afkoel voor jy die koekies afhaal.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
- In samewerking met Amanda Weber
Verwante artikels
-
Aarbeikonfyt-vensterkoekies
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Een van my gunsteling-koekies is Jolly Jammers. Dis maklik om te maak en proe nes dié wat ek as kind geëet het.
-
Gemmerkoekies
SARIE KOS Winter 2010
Saam met 'n warm glas melk is gemmerkoekies net die ding.
-
Kersfees-glaskoekies
SARIE KOS Somer 2009/10
Hulle lyk vreeslik mooi as Kersboom-versierings.
-
Pampoensaad-en-klapperkoekies
SARIE KOS Somer 2010/11
Dié koekies is onder my gunstelinge. Hulle bak nie droog soos ander koekies nie, maar bly so half sag in die middel.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd