Volstruissteak met balsemasyn
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Volstruisvleis is geurig, laag in vet en ’n gesonde alternatief vir bees. Ek koop sommer ’n paar volstuisfilette op ’n slag – dis ’n vierkantige stuk vleis en nie langwerpig soos bees of springbokfilet nie – en sny dit dan dwars oor die grein in steaks wat ek vries. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en seël die steaks oraloor voor jy ’n skeut balsemasyn bygooi. Roer die steaks in die asyn tot dit dieselfde kleur kry as die asyn (wat effens stroperig sal raak) en skep dit dan uit om eenkant te rus – onthou, volstruis is baie
droog en moet hoogstens mediumgaar geëet word. Gooi ’n skeut rooiwyn by die asynstroop en laat dit
effens afkook tot ’n lekker sous wat jy oor die steaks kan gooi. Geniet dit saam met ’n lekker robuuste rooiwyn (en donkersjokolade vir nagereg).
Verwante artikels
-
Groenboontjie-en-volstruisnekbredie
SARIE KOS Winter 2010
-
Volstruis-bobotie met gestoofde kwepers
SARIE KOS Winter 2010
Bobotie is so eg Suid-Afrikaans dat ek nie anders kon as om dit nuwe lewe te gee met volstruisvleis nie.
-
Volstruisfilette met rooibos-en-framboos-sous
SARIE KOS Herfs 2010
Die kombinasie van smake is werklik heerlik.
-
Volstruissosaties met couscous en marmelade
SARIE KOS Lente 2010
-
Volstruiswors, pap en smoor
SARIE KOS Winter 2010
Dis mos lekker kos dié!
















Kommentaar