Warm dubbel-sjokolade-drankie
Foto’s: Donna Lewis Galery
Dit maak jou van binne af warm soos jou eerste soen!Ek skink die warmsjokolade ná ete as 'n vinnige nagereg met tuisgemaakte malvalekkers bo-op.
(maak 750 ml)
- 250 ml room
- 250 ml melk
- sade van 1 vanieljepeul
- 2 stukke heel kaneel
- 100 g donkersjokolade
- 100 g witsjokolade
- 15 ml Frangelico, opsioneel
Bring room, melk, vanieljesade, -peul en kaneel tot kookpunt.Voeg sjokolade by en roer tot gesmelt en glad. Laat stadig prut vir 5 minute. Gooi deur 'n sif en geur met Frangelico of 'n likeur van jou keuse. Sit warm voor.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
5 van die beste (gesonde) feesdrankies
SARIE - Januarie 2011
Hier's 5 van die lekkerste (gesonde) feesdrankies.
-
Grenadella-limonade
SARIE KOS Somer 2010/11
Yskoue limonade op 'n warm dag is 'n wenner.
-
Kaneel-doughnuts met dik sjokolade-sous
SARIE - Februarie 2010
Daar is iets baie verleideliks aan kos wat jy in sjokoladesous kan doop.
-
Kaneel-warmsjokolade
SARIE - April 2011
Vinnig en eenvoudig om te maak - almal sal vra vir nog.
-
Rykste sjokolade-yskastert
SARIE KOS Somer 2009/10
Vir hierdie een móét jy 70%-sjokolade gebruik, anders sal die vulsel nie styf word nie.
-
Sjokolade-brownies
SARIE KOS Somer 2009/10
Maak sowat 24 blokkies van 4 x 4 cm
-
Vlierblom-en-sitroen-limonade
SARIE - Mei 2010
Vlierblom - die naam is byna so mooi soos dit lekker smaak.
-
Witsjokolade-truffels
SARIE KOS Somer 2009/10
Werklik baie eenvoudig om te maak – en ’n pragtige geskenk.
















Kommentaar