Warm niçoiseslaai
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Ons gebruik geblikte tuna in hierdie klassieke slaai. Hier werk dit in ’n warm weergawe
4 porsies
- 250 g dun groenbone
- 5 Mediterreense babaaartappels, in kwarte gesny
- 6 klein piekeluie of salotte
- 50 ml olyfolie
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 5 ansjovis-filette
- 200 g klein rosa-tamaties
- 1 blik tuna (heel stukke), gedreineer
- 50 ml olyfolie
- 20 ml suurlemoensap
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 5 ansjovis-filette
- 30 ml asyn
- 2 eiers1 lemmetjie, gehalveer
- 20 ml suurlemoensap
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 30 ml asyn
- 2 eiers
- 1 lemmetjie, gehalveer
Verhit oond tot 180 °C. Dompel groenbone in kookwater vir 2 minute. Haal uit, dreineer en laat afkoel. Plaas aartappels en uie in ’n oondroosterbak. Gooi die 50 ml olyfolie oor
en geur met sout en swartpeper. Rooster vir sowat 30 minute tot aartappels net sag is. Voeg tamaties by en rooster verder vir sowat 10 minute tot hulle net begin bars. Haal uit en laat afkoel. Rangskik bone, aartappel, ansjovis, tamatie en tuna op ’n groot opdienbord. Meng olyfolie, suurlemoensap en knoffel en gooi oor slaai. Bring ’n kastrol met sowat 500 ml water saam met die 30 ml asyn tot kookpunt. Posjeer die eiers: Breek elkeen in ’n glas en laat dit versigtig uit die glas glip in die middel van die water, wat jy roer sodat dit sterk in die rondte beweeg. Bedek en laat prut vir 3 minute. Haal eiers versigtig uit met ’n gaatjieslepel en plaas bo-op slaai. Sit voor met vars lemmetjie-helftes.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg, Elsabé Dippenaar
Verwante artikels
-
Apple and walnut salad
SARIE KOS Somer 2009/10
10 minutes
-
Nicoise-slaai op my manier
SARIE KOS Augustus / September 2011
Tradisioneel word die slaai nie met slaaiblare gemaak nie, maar ek hou van die ekstra smaak.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd