Warm sjokolade-kaaskoek

Deur Barbara Joubert, SARIE - Junie 2006

Warm sjokolade-kaaskoek Foto’s: Micky Hoyle Galery

'n Heerlike kaaskoek bly maar 'n verleiding. Ons is geneig om kaaskoek koud te eet, maar dié kaaskoek is op sy lekkerste warm.

Kors:

  • 225 g Digestive-koekies
  • 60 g ongesoute botter
  • 60 g melksjokolade, fyngekap

Kap die koekies fyn in jou voedselverwerker. Smelt die botter en sjokolade saam in ’n glasbak oor ’n kastrol met kookwater. Maak seker die water raak nie aan die glasbak nie. Voeg by die krummels wanneer gesmelt, en meng goed. Druk die mengsel in ’n gesmeerde 23 cm-losboom-koekpan en halfpad teen die kante op. Laat staan in die yskas terwyl jy die vulsel maak.

Vulsel:

  • 2 groot eiers, geskei
  • 85 g strooisuiker
  • 250 g mascarpone-kaas
  • 150 ml room, geklits tot sagtepuntstadium
  • 50 g melksjokolade, fyngekap
  • 60 ml kakao, gesif
  • 50 g fyn amandels

Klits die eiergele en suiker saam in ’n elektriese menger tot lig en skuimerig. Klits die mascarpone-kaas tot glad in ’n afsonderlike bak. Vou die geklitste room in. Vou die mascarpone-mengsel in die eiergeel-mengsel. Voeg die gekapte sjokolade, kakao en amandels by en meng goed deur. Klits die eierwitte styf. Vou die eierwitte in 3 stappe in die kaasmengsel. Gooi die vulsel in die koekpan en bak in ’n voorverhitte oond teen 170 °C vir ongeveer ’n uur tot gestol. Haal uit die oond en laat staan vir 20 minute in die pan. Haal uit die pan en sit voor met roomys of geklitste room.

Verwante artikels

  • Grondboontjie-en-karamel-kaaskoektert

    Grondboontjie-en-karamel-kaaskoektert

    SARIE KOS Herfs 2010

    Dié een móét jy net maak - dis lekkerte, gewaarborg!

  • Kaaskoekterte

    Kaaskoekterte

    SARIE KOS Herfs 2010

    As jy 'n kaaskoek verkies wat nie so lank bak nie, kan jy dit verander in 'n kaaskoektert. Gebruik dan quiche-panne (rond of langwerpig). Die vulsel word gehalveer. Onthou om ook die quiche-panne op 'n bakplaat in die oond te plaas.

  • Romerige gebakte kaaskoek

    Romerige gebakte kaaskoek

    SARIE KOS Herfs 2010 | Kommentaar: 2

    Dis die klassieke resep met 'n suurlemoengeur.

  • Sjokolade-kaaskoek

    Sjokolade-kaaskoek

    SARIE KOS Herfs 2010

    Dis baie ryk, maar as jy van sjokolade hou, sal dít geen probleem wees nie!

  • Swartkersie-kaaskoektertjies

    Swartkersie-kaaskoektertjies

    SARIE KOS Herfs 2010

    Die Duitsers is baie lief vir geblikte swartkersies in hul kaaskoeke. Fantasties!

  • Vinnige kondensmelkkaaskoek

    Vinnige kondensmelkkaaskoek

    SARIE KOS Lente 2010

    Kaaskoek kan lank neem om te maak, maar dié een is vinnig, maklik en lekker.

Web Development by FormFunction