Warm slaai van gebraaide kekerertjies en chorizowors
Foto’s: Donna Lewis Galery
Sit dié gereg voor met kraakvars brood.
(2 PORSIES)
20 MINUTE
- 45 ml olyfolie
- 1 ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 (225 g) chorizoworse, in ringe gesny
- 1 x 400 g-blik kekerertjies (chick peas), gedreineer
- 200 g kersietamaties, gehalveer
- sap en skil van suurlemoen
- 1 hand vol vars basilie
- sout en varsgemaalde swartpeper
- brood om mee voor te sit
Verhit olyfolie tot warm in medium-groot pan. Voeg uie en knoffel by. Braai vir 3 – 5 minute of tot goudbruin. Voeg chorizowors by en braai verder vir nog 5 minute. Voeg kekerertjies, tamatie, sap en skil van suurlemoen by. Braai verder vir nog 5 minute. Gooi basilie by en meng deur. Geur goed met sout en
peper. Sit voor met vars brood.
Wenk: Jy kan die chorizo vervang met enige ander wors van jou keuse soos boerewors of varkworsies.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Caeser-slaai met woema
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Ja, slaai kan ’n ete op sy eie wees!
-
Chorizo-en-bone-slaai
SARIE KOS - Somer 2008
-
Chorizo-en-ertjie-sous
SARIE KOS Herfs 2010
-
Chorizo-en-hoenderkoeskoes
SARIE KOS Lente 2010
30 minute
-
Chorizowors-en-lensies
SARIE KOS Junie/Julie 2011
So ’n eenpangereg met chorizo is heerlik vullend. Hou ’n botteltjie Tabasco byderhand vir ekstra woema.
-
Kekerertjies met spinasie en oondgedroogde tamaties
SARIE KOS Augustus / September 2011
My man is nie mal oor peulgroente nie. In hierdie gereg kom hy nie eens agter daar is kekerertjies in nie. Ek eet dit net so, en sit dit vir my gesin voor met gekookte penne of ander pasta.
-
Lensie-en-chorizoslaai
SARIE KOS Somer 2010/11
Jy kan dit ook warm eet, maar in die somer is dit baie lekkerder by kamertemperatuur.
-
Penne met chorizo, steurgarnale en sampioen
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dié Spaanse wors is propvol geur. Saam met die seekos proe dit byna soos ’n paella.
-
Spaanse chorizo-wors en rooibone bruschetta
SARIE - Januarie 2005
Bruschette is 'n wonderlike manier om mee te onthaal. Wat bo-op 'n bruschetta kom kan vooraf gemaak word en die meeste bestanddele kan jy klaar by deli's koop- dis lekker veral in die vakansietyd.
-
Warm sampioenslaai
SARIE KOS Augustus / September 2011
Hierdie slaai is baie lekker as ligte middagete.
















Kommentaar