Só maak jy die perfekte steak
Foto’s: Donna Lewis Galery
Wat jy moet weet van vleissnitte, marinades en hoe om te bepaal hoe gaar jou vleis is.
Hoe maak ek vleis ryp?
Die rypmaakproses is 'n natuurlike manier om steak sag en geuriger te maak. Jy kan jou slagter vra vir vleis wat rypgemaak is, of dit self rypmaak: Plaas vleis op 'n bord met 'n skoon vadoek bo-oor. Los 2 - 3 dae in jou yskas.
Marineer? Nee, wat. Ek dink die lewe is heeltemal te kort om vleis ure te laat marineer. Met steak is eenvoud dikwels die beste kok en as jy goeie gehalte koop, is marinade nie nodig nie.
Maak só: Plaas steak in 'n plat bak en gooi genoeg olyfolie oor om dit met 'n lagie te bedek. Druk 1 of 2 suurlemoene se sap daaroor uit en geur dan goed met
sout en varsgemaalde swartpeper.
Hoe gaar is jou vleis? Doen dié maklike toets.
|
FILET Dié sagte, beenlose snit loop onder die rugstring verby. Dis baie mense |
SIRLOIN Die dik laag vet wat |
RUMP Dié snit uit die agterkwart kan |
RIB-STEAK Die gewildste steak en ook my gunsteling. |
T-BEENSKYF Die meester van alle |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
- Assistent Melissa Pecoraro



























Kommentaar
gert gerber het gesê:
Gebruik sojasous en olyfolie gemeng in plek van suurlemoen.
21ste Aug. 2011, 17:48