Weisswurst met suurkool en aartappels
Foto’s: Micky Hoyle Galery
Hierdie kombinasie van suurkool en aartappels is altyd ’n wenner.
(4 PORSIES)
- 12 groot Mediterreense aartappels
- sout na smaak
- 80 ml olyfolie
- 8 weisswurste (sien bl. 93)
- 1 bottel (810 g) suurkool
Verhit jou oond tot 180 °C. Skil die aartappels en sny in skywe. Plaas aartappels in ’n oondroosterbak en
gooi olyfolie oor. Skud die aartappels in die olyfolie en maak seker dis goed bedek. Sprei die aartappels in een laag. Plaas in warm oond en rooster vir sowat 35 – 40 minute tot bros en gaar. Skuif nou die aartappels eenkant in die bak. Plaas worse in die bak en sit dit terug in die oond. Draai die worse om ná so 10 minute en nou kan jy die suurkool ook in die oondbak plaas. Rooster verder vir nog omtrent 10 minute. Sit voor saam met jou gunstelingmosterd.
Wenk: Jy kan die weisswurst met bockwurst vervang. Sny kepies in die wors en volg die resep soos hierbo.
Om te drink:
‘n Houtverouderde chardonnay met ‘n room-vanielje karakter sal goed by die geroosterde aartappels pas. Probeer gerus Weltevrede se Vanilla Chardonnay. Jy kan ook ‘n meer vrugtige wyn bysit, soos
Cederberg se Bukettraube.
- Assistent Melissa Pecoraro
Verwante artikels
-
Chorizowors-en-lensies
SARIE KOS Junie/Julie 2011
So ’n eenpangereg met chorizo is heerlik vullend. Hou ’n botteltjie Tabasco byderhand vir ekstra woema.
-
Choucroute
SARIE KOS - Somer 2007
Dié gereg kan ek minstens een keer per week eet. Somer of winter bly dit lekker
-
Duitse wors met sauerkraut en aartappelslaai
SARIE KOS Herfs 2010
-
Eenbakgereg met varkworsies
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Dis ’n baie lekker manier om te kook – plaas als in een bak en gaan sit agteroor.
-
Oondgebakte varkworsies op kapokaartappels
SARIE KOS April/Mei 2011
-
Thüringerwors met gebraaide soetrissies
SARIE KOS Junie/Julie 2011
Neem ’n broodrolletjie en plaas van die soetrissies bo-op. Plaas ’n wors bo-op en jy het ’n heerlike gereg. As jy nie van groen olywe hou nie, kan jy dit net uitlos.
-
Varkworsie-en-tamatie-sous
















Kommentaar