Wen-bobotie (Frans Kleingeld se resep)
Ek is nog steeds stomgeslaan! Ek het wel gedink ek staan 'n kans, maar darem nie gedink ek sal wen nie. Ek wou aanvanklik nie my resep instuur nie, maar my vriendin Amanda Swanepoel het my oortuig.
Ek het my lewe lank al 'n passie vir kos en is op die oomblik besig om my eie resepteboek te skryf, so kyk uit daarvoor! Ek glo 'n mens moet die basiese goed altyd dieselfde hou en nie probeer om die wiel weer uit te vind nie. Jy kan byvoorbeeld nie gerookte salm sonder kappertjiesaad en roomkaas voorsit nie, want die kombinasie werk net perfek. Dieselfde geld bobotie - jy kan nie bobotie sonder rosyntjies en amandels maak nie, want dan doen jy nie eer aan ons voorouers nie.
My resep is 'n kombinasie van verskillende resepte, met my eie idees daarby. Die feit dat dit in 'n waterbad gebak word, sorg dat dit sappig en nie droog is nie, met 'n lekker tekstuur wat nie verbrokkel wanneer dit gesny word nie. Ek het al dié bobotie vir oorsese gaste wat nog nooit bobotie geëet het nie, voorgesit. Hulle het vir tweede en derde porsies gevra. Ek hoop almal wat dit eet, geniet dit net soveel soos ek en my gaste.
Dankie vir SARIE KOS - maar nou moet ek vir almal by die werk bobotie maak!"
Frans Kleingeld se wen-bobotie
6 - 8 porsies
- 2 dik snye bruinbrood
- 375 ml melk
- 25 ml olyfolie
- 10 ml botter
- 2 uie, fyngekap
- 3 knoffelhuisies, fyngekap
- 30 ml kerriepoeier
- 15 ml appelkooskonfyt
- 30 ml blatjang
- 25 ml bruin asyn
- 5 ml suurlemoensap
- 15 ml Worcestersous
- 15 ml borrie
- 1 kg maer beesmaalvleis
- 100 ml ontpitte rosyntjies
- 100 ml amandel-splinters
- 10 ml sout
- 3 eiers
- 8 klein lourierblare of suurlemoen-blare
Verhit oond tot 180 °C. Breek brood in stukkies en week dit in die melk. Verhit olie en botter in 'n pan en braai uie en knoffel saam tot sag en deurskynend. Voeg kerriepoeier en konfyt by en meng goed. Voeg blatjang, asyn, suurlemoensap, Worcestersous en helfte van borrie by. Druk melk uit brood, voeg brood by uie-mengsel en meng goed. Hou oorblywende melk eenkant. Voeg maalvleis, rosyntjies, amandel-splinters en sout by.
Meng goed en braai oor lae hitte totdat die vleis net begin verkleur. Verwyder van stoof. Klits een eier en meng met maalvleismengsel. Giet in vuurvaste, gesmeerde bak. Rangskik lourier- of suurlemoen-blare bo-op bobotie en druk 'n bietjie vas. Klits twee eiers met die oorblywende borrie en melk. Giet stadig oor bobotie. Plaas bak in oondpan. Giet water om bak in oondpan tot sowat twee derdes vol. Bak vir 1 uur. Sit voor met rosyntjiegeelrys.
Verwante artikels
-
Bobotie (Suid-Afrika)
SARIE - Augustus 2008
Dis een van die bekendste geregte en tipies Suid-Afrikaans
-
Bobotie met oond-geroosterde perskes
SARIE Maart 2010
Dié perskes is só lekker dat jydit maklik in nagereg kan omskep met 'n bietjie room en 'n hand vol neute.
-
Bobotie-blokkies
SARIE KOS - Lente 2008
Gewoonlik word bobotie warm saam met rys bedien, maar ek het dit in klein blokkies gesny en by kamertemperatuur saam met blatjang voorgesit
-
Boekuittreksel - Bobotie (vir diabete)
SARIE KOS Winter 2009
-
Volstruis-bobotie met gestoofde kwepers
SARIE KOS Winter 2010
Bobotie is so eg Suid-Afrikaans dat ek nie anders kon as om dit nuwe lewe te gee met volstruisvleis nie.


















Kommentaar
Thomas het gesê:
Ik heb dit recept op mijn verjaardag gemaakt voor een groep vrienden. Iedereen vond het 'baie lekker'! Heel veel groeten uit Amsterdam!
18de Jul. 2011, 17:33Rynette van Vuuren het gesê:
Kan ons asseblief die naas wenner en 3de wenner se resepte ook kry vir hulle bobotie?
10de Jun. 2011, 20:17Amanda Coetzer het gesê:
Hi Frans I love our proudly South African food tradition and your bobotie recipe is at the top of the list in this category. It's excellent.
18de Apr. 2011, 15:53Lindie Kolver het gesê:
Wel Frans - dat ek darem wraggies eers in Oz moes kom bly voordat ek 'n lekker Bobotie kon maak !!Hierdie is 'n bo-baas resep.Dis heerlik saam met pampoenpoffertjies en karamelsous en dan natuurlik , die geelrys en rosyne. Baie dankie vir die deel van jou resep !
11de Apr. 2011, 08:22Charlet het gesê:
Frans, dit is nou 'n bielie van 'n resep! Ek het so 'n paar druppels amandel-ekstrak by die eiermelk gegooi en dit was heerlik! Baie dankie dat jy die resep met ons gedeel het.
3de Jan. 2011, 15:16