Wildspastei
Foto’s: Micky Hoyle Galery
'n Springbok-pastei is altyd 'n wenner, soos dit 'n Springbok betaam! Sit voor met kweper- of appeljellie.
- 1 springbokblad of -boud
- 500 ml bruin asyn
- 2 lourierblare
- 500 ml rooiwyn
- 200 ml bruin asyn
- 6 heel peperkorrels
- 2 lourierblare
- 5 heel naeltjies
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 15 ml sonneblomolie
- 1 ui, fyngekap
- 250 g repiespek, in klein blokkies gesny
- 2 velle blaardeeg
- 1 eier, geklits
Plaas die vleis in ’n groot bak. Gooi die 500 ml bruin asyn en die lourierblare bo-oor. Plaas die bak in die yskas en laat marineer vir minstens 3 dae. Draai dit elke dag om. Haal dan die vleis uit die marinade, spoel dit af en plaas in ’n groot kastrol. Voeg die rooiwyn, 200 ml bruin asyn en speserye by. Geur met sout en peper. Sit ’n deksel op en bring tot kookpunt op die stoof. Draai die hitte af sodat die vleis baie stadig kook. As die sous te min word, kan jy nog water byvoeg. Ek kook wild oornag fyn oor ’n baie lae hitte. Om vleis fyn te kook, duur lank - minstens 6 tot 8 uur. Dit sal dan ’n draderige tekstuur hê en van die been afval. Verwyder die been. Braai die uie en spek saam in die sonneblomolie. Voeg by die fyn vleis en geur met sout en peper, indien nodig. Skep die vleis in ’n oondbak, of maak individuele pasteie in klein oondbakkies. Verhit die oond tot 200 °C. Laat die vleis afkoel voor jy die deeg bo-op plaas en dit verf met die geklitste eier. Maak deegversierings, soos blaartjies, bo-op die deeglaag. Sny twee kepe bo-in die deeg sodat stoom kan ontsnap. Bak vir 30 - 45 minute tot die deeg gaar en mooi goudbruin is.
Om te drink
Wild vra vir voor-op-die-wa rooiwyn soos shiraz. Probeer enige van Stellenzicht s’n. Guy Weber, hul wynmaker, is ’n shiraz-meester.
- Assistent Lynnae Janse van Rensburg
Verwante artikels
-
Oondgeroosterde springbokboud
SARIE KOS vir mans 2010 | Kommentaar: 1
Dis regtig 'n baie lekker manier om 'n heel boud gaar te maak. Onthou net, hy moet eers vir minstens 3 dae marineer.
















Kry jou SARIE oral, enige tyd